LEVITIKUS 26:13
LEVITIKUS 26:13 Bybel vir almal (ABA)
Ek is julle God die Here, Ek het julle uit die land Egipte gebring. Julle was daar slawe, maar Ek het julle jukke gebreek sodat julle weer regop kon loop.”
LEVITIKUS 26:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.
LEVITIKUS 26:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat trek het sodat julle nie meer sy slawe hoef te wees nie. Ek het die juk wat julle moes dra, gebreek en julle vrygemaak.
LEVITIKUS 26:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek, die HERE, is julle God wat julle uit Egipteland laat wegtrek het, sodat julle nie langer hulle slawe hoef te wees nie. Ek het die skeie van julle jukke gebreek en julle regop laat loop.
LEVITIKUS 26:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, sodat julle nie hulle slawe sou wees nie; en Ek het die bande van jou juk verbreek en jou regop laat staan.