LEVITIKUS 23:32
LEVITIKUS 23:32 Die Boodskap (DB)
Die dag van vrede moet ’n dag wees waarop julle julleself van alles losmaak en voor God kom neerbuig. Dit moet begin op die aand van die negende dag en aangaan tot die aand van die tiende dag.”
LEVITIKUS 23:32 Bybel vir almal (ABA)
Dit is vir julle 'n baie spesiale Sabbatdag. Julle moet begin vas op die aand van die negende dag en julle moet die Sabbatdag tot die volgende aand vier.”
LEVITIKUS 23:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
LEVITIKUS 23:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit moet vir julle 'n plegtige rusdag wees waarop julle vas. Julle moet rus van sononder af op die negende van die maand tot sononder op die tiende.”
LEVITIKUS 23:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir julle is dit 'n buitengewone Sabbat, en julle moet julle die aand van die negende van die maand verootmoedig. Julle moet van sononder tot sononder julle Sabbat vier.”