LEVITIKUS 20:23
LEVITIKUS 20:23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie die gebruike van die volke wat Ek voor julle uitdryf navolg nie. Dit is omdat hulle sulke verskriklike dinge doen dat Ek hulle so verafsku.
LEVITIKUS 20:23 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie lewe soos die ander volke nie, Ek het hulle weggejaag om plek te maak vir julle. Hulle het al hierdie verkeerde dinge gedoen, en Ek het hulle gehaat.
LEVITIKUS 20:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle mag nie wandel in die insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen; daarom het Ek 'n afsku van hulle gekry.
LEVITIKUS 20:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle mag nie die gebruike van die nasies wat Ek voor julle gaan uitdryf, navolg nie. Ek het juis 'n afsku van hulle gekry omdat hulle al hierdie dinge doen.
LEVITIKUS 20:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle mag nie die gebruike volg van die nasies wat Ek voor julle gaan uitdryf nie, want hulle het al hierdie dinge gedoen, en Ek het 'n afsku in hulle gehad.