LEVITIKUS 20:1-9
LEVITIKUS 20:1-9 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: 'n Israeliet of 'n vreemdeling in die land wat 'n kind van sy nageslag vir Molek gee, moet sterf. Die mense van die land moet hom doodgooi met klippe. Ek sal self daardie man se vyand wees, Ek sal hom afsny van sy volk, want hy het 'n kind van sy nageslag vir Molek gegee. Dit het my tempel onrein laat word en my heilige Naam ontwy. Iemand het miskien 'n kind van sy nageslag vir Molek gegee, en die mense van die land maak of hulle nie sien wat daardie man gedoen het nie. As hulle die man nie doodmaak nie, dan sal Ek self daardie man en sy familie se vyand wees. Ek sal hom afsny van sy volk, en ook almal wat saam met hom ontrou was en wat vir Molek gedien het. “Wanneer 'n persoon wil vra wat hy moet doen, dan vra hy dit miskien vir die geeste van mense wat gesterf het, of vir waarsêers. Daardie persoon is ontrou aan My. Ek sal sy vyand wees en Ek sal hom afsny van sy volk. Julle moet julleself aan My wy, julle moet gewyde mense wees, want Ek is julle God die Here. Julle moet aanhou om te doen wat Ek wil hê. Ek is die Here, Ek wy julle aan My. “Ja, die persoon wat sy ouers vervloek, moet sterf. Hy het sy ouers vervloek, daarom moet hy sterf, hy is skuldig.
LEVITIKUS 20:1-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: Jy moet ook aan die kinders van Israel sê: Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig. En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig. En as die volk van die land hulle oë maar enigsins toemaak vir dié man as hy van sy kinders aan Molog gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie, dan sal Ek my aangesig rig teen dié man en sy geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit. En as 'n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit. Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die HERE julle God. En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle heilig. Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld is op hom.
LEVITIKUS 20:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: Elke Israeliet en vreemdeling in Israel wat sy kind aan Molek wy, moet met die dood gestraf word: die burgers moet hom met klippe doodgooi, anders sal Ek self teen so iemand optree en hom van sy volksgenote afsny omdat die wyding van 'n kind aan Molek my heiligdom onrein maak en my heilige Naam ontheilig. As die burgers hulle oë sluit vir so 'n oortreding en nie die skuldige doodmaak nie, sal Ek self ingryp en so iemand en sy familie sowel as almal wat saam met hom ontrou is en vir Molek dien, van sy volksgenote afsny. Enigiemand wat aan My ontrou is deur hulp te soek by geeste of waarsêers, teen hom sal Ek optree: Ek sal hom van sy volksgenote afsny. Wy julle aan My. Wees heilig, want Ek is die Here julle God. Gehoorsaam my voorskrifte en leef daarvolgens. Ek is die Here, Ek heilig julle aan My. “Wanneer iemand sy pa of sy ma vloek, moet hy doodgemaak word. Hy het sy pa of sy ma gevloek en hy verdien die dood.”
LEVITIKUS 20:1-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het met Moses gepraat en gesê: “ Vir die Israeliete moet jy sê, ‘Enigiemand onder die Israeliete en onder die •vreemdelinge met tydelike verblyf in Israel wat van sy nageslag aan Moleg afstaan, moet beslis sterf. Die volk van die land moet hom met klippe doodgooi; anders sal Ek self teen daardie man draai en hom uit die midde van sy volk verwyder, omdat hy van sy nageslag afgestaan het aan Moleg om so my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig. Ja, as die volk van die land hulle oë dig sluit vir daardie man en hom nie doodmaak wanneer hy van sy nageslag aan Moleg afstaan nie, sal Ek My teen daardie man en sy familie rig, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer en sodoende agter Moleg aan hoereer, verwyder uit die midde van hulle volk. “ ‘ En iemand wat hom wend tot waarsêergeeste en voorvadergeeste om agter hulle aan te hoereer – Ek sal teen so iemand draai en hom uit die midde van sy volk verwyder. “ ‘ Sorg dat julle heilig bly; wees heilig, want Ek, die HERE, is julle God. Julle moet my vaste voorskrifte nakom en dit uitvoer. Ek is die HERE wat julle heilig maak. “ ‘ As daar enigiemand is wat sy vader en sy moeder vervloek, moet hy beslis sterf. Hy het sy vader en sy moeder vervloek, sy bloedskuld is op hom.
LEVITIKUS 20:1-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Verder moet jy aan die kinders van Israel sê: Elkeen van die kinders van Israel of van die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy nageslag aan Molog gee; hy moet sekerlik gedood word; die volk van die land moet hom stenig. En Ek sal my aangesig teen daardie man rig en hom onder sy volk uitroei; omdat hy van sy nageslag aan Molog gegee het om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig. En as die mense van die land op enige manier hulle oë vir die man verberg, wanneer hy van sy nageslag aan Molog gee, en hom nie doodmaak nie; Dan sal Ek my aangesig rig teen daardie man en teen sy familie en hom uitroei en almal wat agter hom aan hoereer, om te hoereer met Molog, onder hulle volk uit. En die siel wat hom bekeer na geeste van afgestorwenes en towenaars om agter hulle aan te hoereer, Ek sal selfs my aangesig teen daardie siel rig en hom onder sy volk uitroei. Heilig julle dan en wees heilig, want Ek is die HERE julle God. En julle moet my insettinge onderhou en dit doen: Ek is die HERE wat julle heilig. Want elkeen wat sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik gedood word; hy het sy vader of sy moeder gevloek; sy bloed sal op hom wees.
LEVITIKUS 20:1-9 Die Boodskap (DB)
Die Here het verder vir Moses beveel om vir die Israeliete te sê: “Enigeen uit Israel of uit die buitelanders wat tydelik in Israel bly wat sy kind aan die afgod Molek offer, moet beslis doodgemaak word. Die volk moet hom met klippe doodgooi. Ek verwerp so iemand en Ek beskou hom nie langer as deel van die volk nie. Wanneer hy sy kind vir Molek gee, het hy My goedkoop gemaak en my Naam deur die modder gesleep. As die volk toelaat dat iemand sy kinders aan Molek afstaan en hom nie doodmaak nie, sal Ek self teen hom en sy familie optree. Ek sal hom en elkeen wat saam met hom ontrou is aan My en agter Molek aanloop, uit die volk wegvat. Ek verwerp die persoon wat afdwaal en agter spiritiste en die geeste van dooies aanloop. Hy is nie meer een van die volk nie. Leef vir My met alles wat julle het. Wees aan My toegewyd, want net Ek, die Here, is julle God. Hou vas aan my reëls en leef volgens hulle, want Ek, die Here, het julle aan My alleen verbind.” “Wanneer enigiemand sy ouers met minagting behandel, moet hy doodgemaak word. Iemand wat op sy ouers neersien, mag nie bly leef nie.
LEVITIKUS 20:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het vir Moses gesê: “Gee vir die Israeliete hierdie instruksies. Dit is instruksies wat van toepassing is op sowel gebore Israeliete as die vreemdelinge wat tussen julle lewe. As enigiemand onder julle hulle kinders aan Molek as brandoffers wy, moet hulle deur die mense van die gemeenskap gestenig word. Ek sal self teen hulle optree en hulle van die gemeenskap afsny omdat hulle my heiligdom onrein gemaak het en my heilige Naam ontheilig het deur hulle kinders aan Molek te gee. As die mense van die gemeenskap hierdie kinderoffers aan Molek ignoreer en weier om die skuldige ouers dood te maak, sal Ek teen hulle optree en hulle uit die gemeenskap verwyder saam met almal wat prostitusie gepleeg het deur Molek te aanbid. “As iemand onder die volk ontrou is deur geeste of waarsêers te raadpleeg, sal Ek teen hulle optree en hulle verwyder van die gemeenskap. Sonder julleself af om heilig te wees, want Ek, die HERE, is julle God. Hou my gebooie en wees gehoorsaam, want Ek is die HERE wat julle heilig maak. “Elkeen wat sy pa of ma vloek, moet doodgemaak word. Hulle is skuldig aan ’n baie ernstige oortreding.