LEVITIKUS 14:21
LEVITIKUS 14:21 Bybel vir almal (ABA)
“As die persoon arm is en hy het nie geld om vir die lammers te betaal nie, dan moet hy een ram-lam bring om 'n skuld-offer te wees. Dit is 'n beweeg-offer, sodat die priester vir hom versoening kan doen. Hy moet ook een tiende van 'n efa van die beste meel bring wat hy met olyf-olie gemeng en geknie het. Dit is 'n koring-offer. Die persoon moet ook 'n log olyf-olie
LEVITIKUS 14:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van 'n efa fynmeel met olie gemeng as spysoffer, en 'n log olie
LEVITIKUS 14:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As die persoon egter so arm is dat hy nie gewone offers kan bekostig nie, kan hy 'n ramlam gebruik as skuldoffer. Dit moet as beweegoffer aangebied word om vir hom versoening te doen, saam met 'n graanoffer bestaande uit een en 'n half kilogram meel wat met olyfolie aangemaak is en 'n halwe liter olyfolie.
LEVITIKUS 14:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Maar as die persoon arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy vir 'n hersteloffer een jong ram as gewyde gawe neem om vir hom versoening te doen, asook 'n tiende van 'n efa gesifte meel wat met olyfolie gemeng is as graanoffer, 'n log olyfolie daarby
LEVITIKUS 14:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as hy arm is en soveel nie kan kry nie; dan moet hy een lam as skuldoffer neem om te beweeg om vir hom versoening te doen, en 'n tiende deel fynmeel met olie gemeng as spysoffer en 'n log olie
LEVITIKUS 14:21 Die Boodskap (DB)
“As iemand te arm is vir twee rammetjies, hoef hy net een rammetjie te vat om te offer. Die offer uit die graan hoef ook net een tiende deel meel te wees wat met olie en een sesde liter olyfolie gemeng is.
LEVITIKUS 14:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Enigiemand wat nie twee lammers kan bekostig nie, moet een rammetjie as skuldoffer bring saam met twee liter keurgraad meel gemeng met olyfolie as ’n graanoffer en 300 milliliter olyfolie. Die skuldoffer sal dan gebring word deur dit op te lig en so versoening te bring vir die persoon wat gereinig is.