LEVITIKUS 1:1-4
LEVITIKUS 1:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het vir Moses geroep en uit die tent van ontmoeting vir hom gesê: “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: Wanneer een van julle vir die Here 'n offer wil aanbied, kan hy dit aanbied uit sy beeste of uit sy kleinvee. “As dit 'n brandoffer uit die beeste is, bied die man 'n bul aan sonder liggaamsgebrek. Hy bied dit aan by die ingang van die tent van ontmoeting sodat dit vir die Here aanneemlik sal wees. Daarna sit hy sy hand op die offerdier se kop sodat dit aanvaar sal word as versoening vir hom.
LEVITIKUS 1:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het na Moses van die tent van ontmoeting af geroep en vir hom gesê: “Gee die volgende opdragte vir die Israeliete: Wanneer julle vir die HERE diere offer, moet julle dit uit julle bees- of skaaptroppe vat. “As julle ’n bees as ’n brandoffer bring, bring dan ’n bul sonder enige liggaamsgebrek. Bring die bul na die ingang van die tent van ontmoeting sodat dit vir die HERE aanvaarbaar kan wees. Lê jou hand op die kop van die brandoffer sodat die HERE dit as plaasvervanger vir jou kan aanvaar en dit so vir jou versoening kan bewerk.
LEVITIKUS 1:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses geroep en Hy het met hom gepraat uit die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Die Here het gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: “Wanneer een van julle vir die Here 'n offer wil gee, en die offer is 'n dier, dan moet hy 'n bees of 'n skaap of 'n bok gee. As sy offer 'n bees is, dan moet dit 'n gesonde bul wees. Hy moet die bul bring voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, sodat die Here die offer van hom kan aanvaar. Dan moet hy sy hand op die kop van die offer-dier sit, sodat die Here sy offer kan aanvaar en sy sonde kan versoen.
LEVITIKUS 1:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE 'n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee — van beeste of van kleinvee. As sy offer 'n brandoffer is van beeste, moet dit 'n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind. En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.
LEVITIKUS 1:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het Moses geroep en uit die Tent van Ontmoeting met hom gepraat. Hy het vir hom gesê: “ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘Wanneer een van julle vir die HERE 'n offer wil bring, moet julle van julle vee as 'n offer aanbied, van die beeste of van die kleinvee. “ ‘As die persoon se offer 'n •brandoffer is uit die beeste, moet dit 'n bul sonder gebrek wees wat hy bring. Hy moet dit na die ingang van die •Tent van Ontmoeting bring en dit so aanbied dat hy voor die HERE aanvaarbaar is. Hy moet sy hand op die kop van die brandofferdier lê sodat dit namens hom aanvaar kan word om oor hom versoening te doen.
LEVITIKUS 1:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle 'n offer aan die HERE bring, moet julle julle offer bring van die beeste, van die beeste en van die kleinvee. As sy offer 'n brandoffer van beeste is, laat hy 'n mannetjie sonder gebrek bring; hy moet dit uit vrywillige wil by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE bring. En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê; en dit sal vir hom welgevallig wees om vir hom versoening te doen.
LEVITIKUS 1:1-4 Die Boodskap (DB)
Die Here was by die tent waar Hy sy volk ontmoet. Hy het Moses toe nader geroep en vir hom gesê: “Jy moet met die Israeliete gaan praat. Sê vir hulle: Wanneer een van julle iets vir die Here bring, kan dit uit julle beeste of uit julle kleinvee kom. “As dit uit die beeste kom en dit is bedoel om heeltemal verbrand te word, moet dit ’n manlike dier sonder enige liggaamsgebrek wees. Die persoon bring die dier na die ingang van die tent van ontmoeting toe. Hy bring dit vir die Here sodat die Here van hom kan hou. Hy sit sy hand op die dier se kop. Daarmee wys hy dat dit sy geskenk vir God is wat vir hom vrede moet maak by God.