KLAAGLIEDERE 3:25-28
KLAAGLIEDERE 3:25-28 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is goed vir mense wat glo dat Hy hulle sal help, vir mense wat naby Hom wil wees. Dit is goed om stil te bly en te glo dat die Here jou sal red. Dit is goed wanneer iemand 'n juk moes dra toe hy jonk was, wanneer hy alleen moes sit en moes stilbly omdat die Here die juk op hom gesit het.
KLAAGLIEDERE 3:25-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Tet. Goed is die HERE vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek. Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE. Dit is goed vir 'n man dat hy die juk in sy jeug dra. Jod. Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het.
KLAAGLIEDERE 3:25-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; dit is goed vir 'n mens om sy las in sy jeug te dra. Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het
KLAAGLIEDERE 3:25-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Goed is die HERE vir hulle wat op Hom wag, vir die mens wat na Hom soek. Goed is dit om stil te hoop op die verlossing van die HERE. Goed is dit vir 'n jong man om 'n juk in sy jeug te dra. Hy moet alleen sit in stilte, want die HERE het dit op hom gelê.
KLAAGLIEDERE 3:25-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God is die HERE vir die wat Hom verwag, vir die siel wat Hom soek. Dit is goed dat 'n mens op die verlossing van die HERE hoop en stil wag. Dit is goed vir 'n man dat hy die juk in sy jeug dra. Hy sit alleen en swyg, want hy het dit op hom gedra.
KLAAGLIEDERE 3:25-28 Die Boodskap (DB)
Die Here is baie goed vir elkeen wat wil doen wat Hy vra en elkeen wat op Hom hoop. Dit is goed om geduldig te wag vir die Here om ons te red. Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die Here te wag. Iemand moet geduldig wees as daar van hom verwag word om stil te wees en te wag.