JUDAS 1:17-19
JUDAS 1:17-19 Bybel vir almal (ABA)
My vriende, julle moet die woorde onthou wat die apostels van ons Here Jesus Christus voorheen gesê het. Hulle het vir julle gesê: “ In die laaste dae van die wêreld sal daar mense wees wat sal aanhou spot, terwyl hulle die slegte dinge doen wat hulle self graag wil doen.” Hierdie mense wat altyd wil spot, sê en doen dinge wat gelowiges vyande laat word van mekaar. Hierdie mense wat altyd wil spot, lewe soos mense van hierdie wêreld omdat hulle nie die Heilige Gees in hulle harte het nie.
JUDAS 1:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus, dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel. Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie.
JUDAS 1:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar julle, geliefdes, moet die dinge onthou wat die apostels van ons Here Jesus Christus voorheen reeds vir julle geleer het. Hulle het vir julle gesê: “Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf.” Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God nie.
JUDAS 1:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar julle, geliefdes, onthou wat die •apostels van ons Here Jesus •Christus reeds vroeër gesê het. Hulle woorde aan julle was: “In die laaste tyd sal daar spotters wees wat hulle eie drange na goddelose dinge uitleef.” Dit is hierdie mense wat skeuring bring; hulle is gerig op die aardse dinge; hulle het nie die Gees nie.
JUDAS 1:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar, geliefdes, dink aan die woorde wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus; Hoe dat hulle vir julle gesê het dat daar in die laaste tyd spotters moet wees wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede moet wandel. Dit is hulle wat hulleself afsonder, sensueel, sonder die Gees.
JUDAS 1:17-19 Die Boodskap (DB)
My liewe vriende, julle moet onthou dat die apostels van ons Here Jesus Christus julle vroeër ook teen hierdie mense gewaarsku het. Hulle het vir julle gesê: “In die laaste dae op aarde sal daar mense op die toneel verskyn wat agter al die sondes aanloop en doen net wat hulle wil. Hulle sal ’n bespotting van julle maak.” Hierdie slegte mense is besig om die kerk in twee te skeur. Al wat vir hulle saak maak, is hulle eie onbeheerbare drange en drifte. Die Gees van God is glad nie in hulle lewe te sien nie.
JUDAS 1:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle, geliefdes, moet egter die woorde wat die apostels van ons Here Jesus Christus lank terug gesê het, goed onthou. Hulle het vir julle gesê dat daar in die eindtyd spotters sal wees wat hulle lewe inrig volgens hulle eie goddelose menslike drange. Dit is juis daardie mense wat verdeeldheid veroorsaak; hulle leef volgens hulle natuurlike drange en het nie die Gees in hulle nie.