JUDAS 1:14-16
JUDAS 1:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Henog, die sewende voorvader ná Adam, het ook die Here se boodskap gebring oor hierdie vals leermeesters. Hy het gesê: “ Julle moet dit weet: Die Here sal kom met sy tienduisende heilige engele om almal te oordeel. Die Here sal kom om al die sondaars te straf, Hy sal ook die mense straf wat Hom nie dien nie. Hy sal hulle straf oor al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het en oor al die slegte dinge wat hulle teen Hom gesê het.” Hierdie mense is altyd ontevrede met ander mense, hulle kla altyd oor alles, en hulle doen net die slegte dinge wat hulle self graag wil doen. Wanneer hulle praat, dan spog hulle en hulle sê mooi dinge van ander mense, maar hulle is nie eerlik nie. Hulle sê dit sodat hulle iets van daardie mense kan kry.
JUDAS 1:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het. Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.
JUDAS 1:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is oor hierdie mense dat Henog, wat van die sewende geslag ná Adam was, geprofeteer het. Hy het gesê: “Kyk, die Here kom met sy duisende heilige engele en Hy sal oor almal oordeel. Hy sal al die goddeloses, al die sondaars straf oor al die goddelose dinge wat hulle in hulle goddeloosheid gedoen het, en oor al die lasterlike dinge wat hulle teen Hom gesê het.” Hierdie mense kla gedurig en is altyd ontevrede met hulle lot. Hulle leef net volgens hulle eie begeertes, praat groot en sê vleiende dinge van mense om daaruit vir hulleself voordeel te trek.
JUDAS 1:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Henog, uit die sewende geslag ná Adam, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: “Kyk, die Here kom met sy heilige tienduisende, om oor almal die oordeel te vel, en om alle mense te straf vir al hulle goddelose dade wat hulle in hulle goddeloosheid verrig het, en vir al die vermetele dinge wat goddelose sondaars teen Hom uitgespreek het.” Hierdie mense, dit is hulle wat mor, foutvind, en hulle drange uitleef; hulle is grootmond, en vlei mense vir eie gewin.
JUDAS 1:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Henog, die sewende van Adam, het ook oor hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here kom met tienduisende van sy heiliges, om oordeel te voltrek aan almal en om almal wat goddeloos is onder hulle te oortuig van al hulle goddelose dade wat hulle goddeloos gepleeg het, en van al hulle harde toesprake wat goddelose sondaars teen hom gespreek het. Dit is murmureerders, klaers wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek groot opwindende woorde, met bewondering vir mense om voordeel te trek.
JUDAS 1:14-16 Die Boodskap (DB)
Henog, daardie godvresende man uit die sewende geslag na Adam, het ons lank gelede al deur ’n profetiese woord teen hierdie sondaars gewaarsku. Hy het gesê: “Kyk mooi! Die Here is op pad met sy hemelse weermag. Hy kom om sy oordeel oor almal te voltrek. Vir sondaars sal dit ’n verskriklike dag wees. Elke goddelose daad wat mense in hulle slegtheid aangevang het en elke lelike woord wat hulle teen die Here kwytgeraak het, sal op daardie dag gestraf word.” Die indringers daar by julle is ’n opperste spul klakouse. Hulle is met niks tevrede nie. Hulle loop heeltyd agter al hulle sondige begeertes aan. Boonop praat hulle groot. Hulle misbruik ander mense deur vleitaal, maar, wees gewaarsku, dis glad nie eg nie.
JUDAS 1:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Oor hierdie mense het Henog, wat sewe geslagte ná Adam geleef het, geprofeteer en gesê: “Kyk, die Here kom met sy tienduisende heilige engele, en Hy sal oor almal oordeel en die goddeloses skuldig bevind oor al hul goddelose optredes en oor al die skelwoorde wat die goddelose sondaars teen Hom uitgespreek het.” Hierdie mense is klakouse en morpotte. Hulle rig hulle lewe in volgens hulle natuurlike drange, en met die mond raak hulle arrogante dinge kwyt; hulle vlei ander ter wille van eie voordeel.