JOSUA 7:1
JOSUA 7:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete was nie gehoorsaam aan die Here nie. Hulle was ontrou met die goed wat gewy was. Akan seun van Karmi seun van Sabdi seun van Serag was van die Juda-stam. Akan het van die goed gevat wat gewy was, en die Here het kwaad geword vir die Israeliete.
JOSUA 7:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel.
JOSUA 7:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Israeliete het troueloos gehandel met die banoffer wat aan die Here behoort het. Akan seun van Karmi, seun van Sabdi, seun van Serag uit die Judastam, het van die goed wat aan die Here gewy was, gevat en daardeur het die toorn van die Here teen die Israeliete ontvlam.
JOSUA 7:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Israeliete het egter 'n daad van ontrou begaan met die bangoed. Agan, seun van Karmi, seun van Sabdi, seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed gevat; en die toorn van die HERE het teen die Israeliete ontbrand.
JOSUA 7:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die kinders van Israel het 'n oortreding begaan in die bangoed; want Akan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, uit die stam van Juda, het van die bangoed geneem, en die toorn van die HERE was aangesteek teen die kinders van Israel.
JOSUA 7:1 Die Boodskap (DB)
Israel was ontrou aan die Here se bevel dat alles in Jerigo aan Hom geoffer moes word. ’n Man met die naam Akan het van die goed wat aan die Here geoffer moes word, vir homself gevat. Dit het die Here baie kwaad gemaak. Akan was die seun van Karmi en die kleinseun van Sabdi uit die familie van Serag wat deel was van die stam van Juda.
JOSUA 7:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Israeliete het kwaad gedoen. Hulle het nie met die ban gemaak soos die Here vir hulle gesê het nie. Akan, die seun van Karmi, seun van Sabdi, seun van Serag uit die stam Juda, het van die goed gevat wat deur die ban aan die HERE gewy moes wees. Die HERE het toe kwaad geword vir die Israeliete.