JOSUA 3:1
JOSUA 3:1 Bybel vir almal (ABA)
Josua het vroeg die oggend weggegaan van Sittim, hy en al die Israeliete, en hulle het by die Jordaan-rivier gekom. Hulle het die nag daar gebly voordat hulle oorgegaan het.
JOSUA 3:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAAROP het Josua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van Israel het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.
JOSUA 3:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josua het die môre vroeg van Sittim af vertrek en by die Jordaan aangekom, hy en al die Israeliete. Hulle het daar oorgebly voor hulle deur die rivier sou trek.
JOSUA 3:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua het vroeg die môre opgestaan. Hulle het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom, hy en al die Israeliete. Hulle het daar oornag voordat hulle oorgetrek het.
JOSUA 3:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Josua het die môre vroeg opgestaan; en hulle het van Sittim af opgebreek en by die Jordaan gekom, hy en al die kinders van Israel, en daar vernag voordat hulle deurgetrek het.