JOSUA 24:15
JOSUA 24:15 Bybel vir almal (ABA)
Maar as julle besluit julle wil nie die Here dien nie, dan moet julle vandag kies vir wie julle wil dien. Wil julle die gode dien wat julle voorvaders anderkant die Eufraat-rivier gedien het? Julle woon nou in die Amoriete se land. Wil julle húlle gode dien? Maar ek en my familie sal die Here dien.”
JOSUA 24:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
JOSUA 24:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
JOSUA 24:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies julle dan vandag wie julle wil dien, óf die gode anderkant die Rivier wat julle voorouers gedien het, óf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.”
JOSUA 24:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as dit in julle oë sleg is om die HERE te dien, kies vir julle vandag wie julle wil dien; of die gode wat julle vaders gedien het wat oorkant die vloed was, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
JOSUA 24:15 Die Boodskap (DB)
As julle nie bereid is om die Here voluit te dien nie, besluit dan hier en nou wie julle wil dien: die gode wat julle voorouers in Mesopotamië aanbid het of die gode van die Amoriete, in wie se land julle nou bly. Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien.”
JOSUA 24:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As julle nie die HERE wil aanbid nie, moet julle vandag vir julleself besluit wie julle dan wil aanbid. Is dit die gode wat julle voorouers anderkant die Eufraat gedien het, of is dit die gode van die Amoriete in wie se land julle nou woon? Ek en my huisgesin sal die HERE aanbid.”