JOSUA 1:5
JOSUA 1:5 Die Boodskap (DB)
Jou hele lewe lank sal niemand jou kan oorwin nie. Ek sal by jou wees soos Ek by Moses was. Ek sal jou nooit in die steek laat of jou alleen los nie.
JOSUA 1:5 Bybel vir almal (ABA)
So lank soos jy lewe, sal niemand jou kan oorwin nie. Ek sal by jou wees, soos Ek by Moses was. Ek sal jou nie los nie, Ek sal altyd by jou wees.
JOSUA 1:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.
JOSUA 1:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.
JOSUA 1:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Solank jy leef, sal niemand voor jou kan standhou nie. Soos Ek by Moses was, sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.