JONA 2:3-4
JONA 2:3-4 Die Boodskap (DB)
U het my in die diepte van die see laat gooi, ek het gesink tot onder op die bodem van die see. Daar was waterstrome reg rondom my, een brander na die ander het oor my gebreek. Ek het gedink ek is van U afgesny, ek sal nooit weer by u tempel kan kom nie.
JONA 2:3-4 Bybel vir almal (ABA)
U het my in die diep water gegooi, in die diepste plek van die see. Daar was water bo-oor my. U het groot branders gestuur, en die water het oor my gespoel. Ek het gedink U het my weggegooi, U wil my nie meer sien nie. Maar ek sal weer u gewyde tempel sien.
JONA 2:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
JONA 2:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan. Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
JONA 2:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U het my in die diepte gegooi, in die hart van die oseane. Seestrome het my omring, al u golwe en branders het oor my gespoel. “ Ek self het gedink, ek is weggewerp, onder u oë uit. Maar ek sal weer u •heilige •tempel sien!
JONA 2:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want U het my in die diepte gewerp, in die middel van die see; en die strome het my omsingel: al jou golwe en jou golwe het oor my getrek. Toe sê ek: Ek is van u aangesig weggewerp; tog sal ek weer na u heilige tempel kyk.
JONA 2:3-4 Die Boodskap (DB)
U het my in die diepte van die see laat gooi, ek het gesink tot onder op die bodem van die see. Daar was waterstrome reg rondom my, een brander na die ander het oor my gebreek. Ek het gedink ek is van U afgesny, ek sal nooit weer by u tempel kan kom nie.
JONA 2:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In die diepte van die oseaan het U my gegooi. Ek het tot in die hart van die see gesink. Strome het rondom my gekolk. U het golf na golf oor my laat spoel. Ek het gesê: ‘Uit u teenwoordigheid het U my verdryf. Hoe sal ek ooit weer u heilige tempel sien?’