JONA 2:1-2
JONA 2:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Jona was binne-in die vis en toe het hy tot sy God die Here gebid. Hy het gesê: “Here, dit het sleg gegaan met my, en toe het ek tot U gebid. U het my gehoor en U het my gehelp. Ek was amper dood en ek het geroep en gevra dat U my moet help. U het my gehoor.
JONA 2:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp — U het my stem gehoor.
JONA 2:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God. Jona het gesê: “In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor.
JONA 2:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jona het uit die vis se maag tot die HERE sy God gebid. Hy het gesê: “In my nood het ek na die HERE geroep, en Hy het my geantwoord. Uit die ingewande van die •doderyk het ek om hulp geroep, en U het my stem gehoor.
JONA 2:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Jona uit die buik van die vis tot die HERE sy God gebid: en gesê: Ek het vanweë my ellende tot die HERE geroep, en Hy het my verhoor; uit die ingewande van die hel het ek geroep, en jy het my stem gehoor.