JONA 1:7-12
JONA 1:7-12 Die Boodskap (DB)
Die matrose het toe onder mekaar besluit om lootjies te trek. So sou hulle kon agterkom wie die oorsaak van die groot storm was. Hulle het lootjies getrek. Jona se naam is getrek. Hulle het hom toe begin uitvra: “Sê vir ons, wat het jy dan gedoen dat hierdie storm oor ons losgebars het? Wat doen jy vir ’n lewe? Van watter land af kom jy? Aan watter volk behoort jy?” Hy sê toe vir hulle: “Ek is ’n Hebreër. Ek aanbid die Here, die God van die hemel. Dit is Hy wat die see en die land gemaak het.” Die matrose het verskriklik bang geword. Hulle het geweet dat hy van die Here af probeer wegkom het. Jona het vir hulle vertel dat die Here hom na Nineve toe gestuur het en dat hy nie wou gaan nie. Hulle het vir hom gevra: “Hoe op aarde kan jy so iets doen?” Die storm het al erger geword. Hulle vra toe vir Jona: “Wat moet ons met jou maak, dat hierdie storm kan bedaar?” “Julle moet my in die see gooi,” sê Jona, “dan sal die see weer kalm word. Ek besef nou dat ek die oorsaak is dat julle in hierdie storm beland het.”
JONA 1:7-12 Bybel vir almal (ABA)
Die matrose het vir mekaar gesê: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind wie se skuld is dit dat hierdie storm oor ons gekom het.” Hulle trek toe lootjies, en die lootjies wys dit is Jona se skuld. Die matrose het vir Jona gevra: “Is dit jou skuld dat hierdie storm oor ons gekom het? Watter soort werk doen jy? Van waar kom jy? Uit watter land, uit watter volk kom jy?” Jona het vir hulle gesê: “Ek is 'n Hebreër en ek dien die Here, die God van die hemel. Hy het die see en die land gemaak.” Die matrose het baie bang geword en hulle het gebewe. Hulle het vir Jona gesê: “Hoekom het jy dit gedoen?” Hulle het geweet hy vlug weg van die Here, want hy het dit voorheen vir hulle vertel. Die branders in die see het groter geword, en die matrose het vir Jona gevra: “Wat moet ons doen met jou sodat die storm op die see stil kan word?” Jona het vir hulle gesê: “Tel my op en gooi my in die see, dan sal die see stil word rondom julle. Ek weet dit is my skuld dat hierdie groot storm oor julle gekom het.”
JONA 1:7-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle sê toe vir mekaar: Kom en laat ons loot; dan sal ons weet om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het. En hulle het geloot, en die lot het op Jona geval. En hulle sê vir hom: Vertel ons tog om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het? Wat is jou nering? En waar kom jy vandaan? Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy? En hy antwoord hulle: Ek is 'n Hebreër, en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het. Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die HERE af wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee. Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? — want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword. En hy antwoord hulle: Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het.
JONA 1:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die manne vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind oor wie hierdie ramp ons tref.” Hulle het lootjies getrek en Jona is aangewys. Toe vra hulle hom: “Vertel ons tog waarom hierdie ramp ons tref. Wat werk jy? Waarvandaan kom jy? Uit watter land en van watter volk is jy?” Jona het hulle geantwoord: “Ek is 'n Hebreër. Ek dien die Here die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het.” Die manne het baie bang geword en vir Jona gesê: “Wat het jy nou aangevang?” Hulle het te wete gekom dat hy van die Here af wegvlug: Jona het hulle dit self vertel. Toe vra hulle hom: “Wat moet ons met jou maak dat die see weer rondom ons kan kalm word?” Die see het ondertussen al hoe onstuimiger geword. Jona het hulle geantwoord: “Vat my en gooi my in die see, dan sal dit kalm word rondom julle, want ek weet dit is oor my dat hierdie groot storm rondom julle woed.”
JONA 1:7-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die matrose het vir mekaar gesê: “Kom ons beslis die saak deur die lot, sodat ons kan weet deur wie se toedoen hierdie ramp ons tref.” Hulle het met die lot beslis en die lot het Jona uitgewys. Toe sê hulle vir hom: “Vertel ons asseblief waarom hierdie ramp ons tref. Watter werk doen jy en waar kom jy vandaan? Uit watter land kom jy en van watter volk?” Hy het hulle geantwoord: “Ek is 'n Hebreër, en die HERE, die God van die hemel wat die see en die droë grond gemaak het, dien ek met ontsag.” Die manne was toe vreesbevange en het vir hom gesê: “Hoe kon jy so iets doen?” Hulle het immers geweet dat hy besig was om te vlug, weg van die teenwoordigheid van die HERE, want hy het dit vir hulle vertel. Hulle sê toe vir hom: “Wat moet ons met jou maak sodat die see om ons kan bedaar?” Want die see het al hoe onstuimiger geraak. Hy het geantwoord: “Vat my en gooi my in die see, dan sal die see om julle bedaar; want ek is seker dit is oor my dat hierdie groot storm oor julle woed.”
JONA 1:7-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het elkeen vir sy maat gesê: Kom, laat ons die lot werp, dat ons kan weet om wie se rede hierdie onheil oor ons is. En hulle het die lot gewerp, en die lot het op Jona geval. Toe sê hulle vir hom: Vertel ons tog om wie se rede hierdie onheil oor ons is; Wat is jou beroep? en waar kom jy vandaan? wat is jou land? en van watter volk is jy? En hy sê vir hulle: Ek is 'n Hebreër; en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë grond gemaak het. Toe het die manne baie bang geword en vir hom gesê: Waarom het jy dit gedoen? Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die HERE gevlug het, omdat Hy dit aan hulle gesê het. Toe sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, dat die see vir ons kalm kan word? want die see het gevloei en was onstuimig. En Hy sê vir hulle: Neem my op en gooi my in die see; so sal die see vir julle kalm word, want ek weet dat hierdie groot storm om My ontwil oor julle is.
JONA 1:7-12 Die Boodskap (DB)
Die matrose het toe onder mekaar besluit om lootjies te trek. So sou hulle kon agterkom wie die oorsaak van die groot storm was. Hulle het lootjies getrek. Jona se naam is getrek. Hulle het hom toe begin uitvra: “Sê vir ons, wat het jy dan gedoen dat hierdie storm oor ons losgebars het? Wat doen jy vir ’n lewe? Van watter land af kom jy? Aan watter volk behoort jy?” Hy sê toe vir hulle: “Ek is ’n Hebreër. Ek aanbid die Here, die God van die hemel. Dit is Hy wat die see en die land gemaak het.” Die matrose het verskriklik bang geword. Hulle het geweet dat hy van die Here af probeer wegkom het. Jona het vir hulle vertel dat die Here hom na Nineve toe gestuur het en dat hy nie wou gaan nie. Hulle het vir hom gevra: “Hoe op aarde kan jy so iets doen?” Die storm het al erger geword. Hulle vra toe vir Jona: “Wat moet ons met jou maak, dat hierdie storm kan bedaar?” “Julle moet my in die see gooi,” sê Jona, “dan sal die see weer kalm word. Ek besef nou dat ek die oorsaak is dat julle in hierdie storm beland het.”
JONA 1:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die matrose sê toe vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan vasstel wie hierdie krisis veroorsaak het.” Hulle het dit gedoen en Jona is uitgewys. Toe vra hulle hom: “Wat het jy gedoen om hierdie storm oor ons te laat losbars? Wie is jy en wat is jou beroep? Waar kom jy vandaan? Wat is jou nasionaliteit?” Jona het geantwoord: “Ek is ’n Hebreër. Ek aanbid die HERE, die God van die hemel wat die see en die land gemaak het. Ek is besig om van die HERE af weg te vlug.” Toe het groot vrees die matrose beetgepak. Hulle het uitgeroep: “Hoekom doen jy dit?” Die storm het al hoe hewiger geword; daarom het hulle hom gevra: “Wat moet ons met jou doen sodat die see kan bedaar?” Jona het hulle geantwoord: “Gooi my in die see en dit sal kalm word. Ek weet ék is die oorsaak van hierdie groot storm.”