JONA 1:15-17
JONA 1:15-17 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het Jona opgetel en hulle het hom in die see gegooi. Toe het die see kalm geword en die branders was nie meer groot nie. Die matrose het baie bang geword vir die Here. Hulle het vir die Here 'n offer gebring en hulle het belowe om nog meer offers vir die Here te gee. Die Here het 'n groot vis gestuur om vir Jona in te sluk. Jona was drie dae en drie nagte binne-in die vis.
JONA 1:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid. Toe het die manne die HERE gevrees met 'n groot vrees en 'n slagoffer aan die HERE gebring en geloftes gedoen. En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.
JONA 1:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle vat toe vir Jona en gooi hom in die see. Die storm op die see het toe bedaar. Die manne het toe baie bang geword vir die Here en hulle het vir Hom 'n offer gebring en geloftes afgelê. Toe stuur die Here 'n groot vis om vir Jona in te sluk, en hy was drie dae en nagte in die vis se maag.
JONA 1:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het Jona opgetel en hom in die see gegooi, en die see het opgehou met sy getier. Toe was die manne geweldig bang vir die HERE. Hulle het vir Hom 'n offer gebring en geloftes afgelê. Die HERE het dit so beskik dat 'n groot vis Jona insluk, en hy was drie dae en drie nagte lank in die vis se maag.
JONA 1:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het hulle Jona opgeneem en hom in die see gegooi, en die see het opgehou van sy woedende. Toe het die manne die HERE uitermate gevrees en aan die HERE 'n offer gebring en geloftes gemaak. En die HERE het 'n groot vis berei om Jona in te sluk. En Jona was drie dae en drie nagte in die maag van die vis.
JONA 1:15-17 Die Boodskap (DB)
Hulle het toe vir Jona gevat, hom oor die kant van die skip gelig en hom in die see gesmyt. Die storm op die see het dadelik bedaar. Dit het die matrose baie groot respek vir die Here gegee. Hulle het net daar ’n offer vir Hom gebring en belowe dat hulle Hom voortaan sal aanbid. Die Here het ’n groot vis gestuur om Jona in te sluk. Jona was drie dae lank binne-in die vis.
JONA 1:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het die matrose Jona opgetel en in die see gegooi. Die onstuimige see het dadelik kalm geword. Groot vrees vir die HERE het die matrose aangegryp. Hulle het ’n offer vir die HERE gebring en ’n belofte gemaak om Hom te dien. Toe stuur die HERE ’n groot vis om Jona in te sluk. Jona was vir drie dae en drie nagte in die vis.