JOËL 2:32
JOËL 2:32 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal almal vry word wat die Here aanbid. Almal wat nog lewe, sal vry word in Jerusalem, op Sionsberg.” So het die Here gesê vir die mense wat Hy geroep het.
JOËL 2:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.
JOËL 2:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Op Sionsberg en in Jerusalem sal daar uitkoms wees. So het die Here beloof. Dié wat deur die Here geroep is, is by dié wat gered is.
JOËL 2:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan sal elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, ontkom; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontvlugting wees, soos die HERE gesê het. Net hulle wat deur die HERE geroep word, sal vry wees.”
JOËL 2:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal verlossing wees, soos die HERE gespreek het, en in die oorblyfsel wat die HERE sal roep.
JOËL 2:32 Die Boodskap (DB)
Almal wat die Here ernstig smeek om hulle te help, sal op daardie dag gered word. Presies net soos die Here beloof het, sal Hy daar op die berg Sion en in Jerusalem ingryp om al sy mense te help. Almal wat deur die Here geroep is om aan Hom te behoort, sal definitief deel uitmaak van die mense wat gered word.