JOB 7:17-19
JOB 7:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Wat is 'n sterfling, dat U hom so belangrik ag, dat U aan hom aandag gee, hom elke môre besoek, hom elke oomblik toets? Hoe lank nog gaan U nie van my af wegkyk nie, gaan U my nie alleen laat nie – net tot ek my speeksel ingesluk het?
JOB 7:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat is die mens dat U so baie aandag aan hom bestee, so baie aan hom dink? Want U beproef ons elke môre en toets ons elke oomblik. Hoekom laat U my nie alleen nie, los U my nie uit nie, al is dit net vir ’n oomblik?
JOB 7:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Hoekom is 'n mens vir U belangrik, hoekom dink U aan hom? Hoekom kyk U elke dag wat hy doen, hoekom hou U aan om hom te toets? Hoekom kyk U nie weg van my nie, hoekom los U nie vir my nie? Gee vir my tyd sodat ek my spoeg kan insluk!
JOB 7:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee? En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel? Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?
JOB 7:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wat is die mens dat U soveel van hom maak, dat U hom so op die hart dra, dat U hom van dag tot dag toets, hom van oomblik tot oomblik op die proef stel? Wil U nie van my af wegkyk en my 'n oomblikkie laat asem skep nie?
JOB 7:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat is die mens, dat U hom groot maak? en dat jy jou hart op hom sou rig? En dat jy hom elke oggend moet besoek en hom elke oomblik moet beproef? Hoe lank sal U nie van my af weggaan en my nie laat staan totdat ek my spoeg verslind het nie?
JOB 7:17-19 Die Boodskap (DB)
“Here, waarom is mense so belangrik vir U? U doen so baie moeite met hulle. U kyk elke môre hoe dit met hulle gaan. U toets ook die mens elke oomblik van die dag. U kyk nie eens vir ’n klein rukkie van my af weg nie. Hoekom gee U my nie net ’n kans om asem te skep nie?