JOB 42:10-12
JOB 42:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die HERE hom weer voorspoedig gemaak. Trouens, die HERE het hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het. Toe het al sy broers en susters en almal wat hom voorheen geken het, gekom en saam met hom in sy huis feesgevier. Hulle het hom getroos en moed ingepraat oor al die rampe wat die HERE oor hom gebring het. Hulle het elkeen vir hom ’n stuk silwer en ’n goue ring gegee. Die HERE het die laaste deel van Job se lewe meer geseën as die eerste. Hy het 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies gekry.
JOB 42:10-12 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het dit weer goed laat gaan met Job nadat Job vir sy vriende gebid het. Die Here het vir Job twee maal meer gegee as wat hy voorheen gehad het. Al Job se broers en susters en die mense wat hom voorheen geken het, het na hom toe gekom, en hulle het saam met hom geëet in sy huis. Hulle het vir hom kom sê dat hulle jammer is oor die slegte dinge wat die Here met hom laat gebeur het. Hulle wou hê dat dit weer goed moet gaan met Job, en elkeen het 'n kesita en 'n goue ring vir hom gegee. Die Here het dit toe met Job beter laat gaan as voorheen. Job het 14 000 skape en bokke, 6 000 kamele, 2 000 beeste en 1 000 donkies gekry.
JOB 42:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen. Ook het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat die HERE oor hom gebring het. En hulle het hom elkeen 'n geldstuk gegee en elkeen 'n goue ring. En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertienduisend stuks kleinvee en sesduisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.
JOB 42:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het. Al sy broers en susters en sy vriende wat hom vroeër geken het, het gekom en saam met hom in sy huis geëet. Hulle het hulle medelye kom betoon en hom getroos oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het. Elkeen het vir hom 'n stuk silwer en 'n goue ring gegee. Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste: hy het veertien duisend stuks kleinvee, ses duisend kamele, twee duisend beeste en 'n duisend donkies gekry
JOB 42:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het Job se lot verander toe hy vir sy vriende gebid het. Die HERE het alles wat Job besit het, vermeerder – dubbeld soveel. Al sy broers en susters en al sy vorige kennisse het na hom gekom en saam met hom in sy huis brood geëet. Hulle het met hom meegevoel betuig en hom getroos oor al die onheil wat die HERE oor hom laat kom het. Elkeen van hulle het vir hom een kesita en een goue ring gegee. Die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin. Hy het veertienduisend stuks kleinvee, sesduisend kamele, 'n duisend pare beeste en 'n duisend donkiemerries besit.
JOB 42:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; ook het die HERE aan Job twee keer soveel gegee as wat hy tevore gehad het. Toe het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes na hom gekom en saam met hom in sy huis brood geëet; en hulle het hom beklaag en hom getroos oor al die onheil wat die HERE op hom gebring het: elkeen het hom ook 'n geldstuk gegee, en elkeen 'n goue oorring. So het die HERE dan die einde van Job meer geseën as sy begin, want hy het veertien duisend kleinvee en ses duisend kamele en duisend paar beeste en duisend esels gehad.
JOB 42:10-12 Die Boodskap (DB)
Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here sy omstandighede verander. Die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy vroeër gehad het. Job se familie en vriende het na sy huis toe gekom en hulle het saam met hom geëet. Hulle het vir hom kom sê hoe jammer hulle is oor alles wat die Here hom laat deurmaak het. Hulle het hom getroos en moed kom inpraat. Hulle het ook elkeen vir hom presente gebring. Hulle het vir hom geld en goue ringe gegee. Die Here het gesorg dat dit baie beter met Job gegaan het in die tweede deel van sy lewe as in die begin. Hy het nou sommer baie vee gehad. Daar was 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies.