JOB 40:10-14
JOB 40:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Kyk na die seekoei. Ek het hom gemaak net soos Ek jou gemaak het. Hy vreet gras soos ’n bees. Hy het ’n kragtige liggaam met sterk spiere. Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaargevleg. Sy bene is soos bronspype. Sy ledemate so sterk soos yster. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van God se handewerk. Net sy Maker kan hom in toom hou.
JOB 40:10-14 Bybel vir almal (ABA)
“Maar kyk ook na die seekoei. Toe Ek jou gemaak het, het Ek ook die seekoei gemaak. Hy vreet gras soos 'n bees. Hy is 'n sterk dier, sy liggaam is vol spiere. Hy hou sy stert so reguit soos 'n sederboom, en hy het sterk spiere in sy bene. Die bene in sy lyf is so sterk soos waterpype van brons, so sterk soos stukke yster. Hy is die belangrikste dier, God het hom gemaak, en net God kan hom oorwin.
JOB 40:10-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees. Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik. Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg. Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster. Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
JOB 40:10-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Kyk die seekoei: Ek het hom gemaak toe Ek jou gemaak het, hy vreet gras soos 'n bees. Daar is krag in sy liggaam, die spiere in sy lyf is sterk. Sy stert is so reguit soos 'n seder. Sy boudspiere is inmekaar gevleg. Die bene in sy lyf is soos bronspype, soos stukke yster. Onder alles wat Ek gemaak het, staan hy eerste, net sy Maker kan hom verslaan.
JOB 40:10-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Kyk na Behemoot, wat Ek gemaak het, soos Ek jou ook gemaak het. Hy eet gras soos 'n bees. Kyk na die krag in sy kruis. En sy manlike krag, dit is in die spiere van sy buik. Hy maak sy stert styf soos 'n seder, die senings van sy dye is ineengevleg. Sy gebeente is bronspype, sy bene soos ysterstawe. Hy is die voortreflikste van God se werke; Hy wat hom gemaak het, het sy swaarde verskaf.
JOB 40:10-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Versier jou nou met majesteit en voortreflikheid; en bekleed jou met heerlikheid en skoonheid. Werp die woede van u toorn weg, en kyk elkeen wat trots is, en verneder hom. Kyk na elke hoogmoedige en verneder hom; en vertrap die goddelose in hulle plek. Steek hulle saam in die stof weg; en bind hulle aangesig in die geheim. Dan sal ek ook aan jou bely dat jou eie regterhand jou kan red.
JOB 40:10-14 Die Boodskap (DB)
Die Here het verder gesê: “Kyk na die seekoei: Ek het die seekoei gemaak net soos Ek jou ook gemaak het. Hy eet gras soos ’n bees. Hy het baie krag in sy lyf en sy maagspiere is baie sterk. Sy stert is so reguit soos ’n sederboom en sy boudspiere is styf saamgevleg. Sy bene is so hard soos koperpype en sy ledemate soos ysterstawe. Dit is die beste voorbeeld van God se ongelooflike handewerk. Hy staan bo almal uit. Net God wat hom gemaak het, kan hom baasraak en verslaan.