JOB 40:1-8
JOB 40:1-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verder het die HERE Job geantwoord en gesê: Sal hy wat met die Almagtige stry, hom onderrig? wie God teregwys, laat hom dit antwoord. Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: Kyk, ek is gemeen; wat sal ek jou antwoord? Ek sal my hand op my mond lê. Een maal het Ek gespreek; maar ek sal nie antwoord nie: ja, twee keer; maar ek gaan nie verder nie. Toe het die HERE Job uit die stormwind geantwoord en gesê: Gord nou jou lendene om soos 'n man; ek sal van jou eis en jou aan my verkondig. Sal jy ook my oordeel vernietig? wil jy my veroordeel, dat jy regverdig kan wees?
JOB 40:1-8 Bybel vir almal (ABA)
Toe het die Here weer met Job gepraat. Die Here was in 'n stormwind en Hy het gesê: “Job, jy moet gereedmaak, jy moenie bang wees nie. Ek sal vra, en jy moet my antwoord. Wil jy regtig sê dat Ek verkeerd is, wil jy sê dat Ek skuldig is en dat jy onskuldig is? Is jy so sterk soos God? Kan jy soos God die donderweer laat raas en dreun? As jy dit kan doen, wys dan dat jy ook 'n koning is, dat jy sterk is en dat almal jou moet respekteer. Wys hoe kwaad jy is, kyk na elke mens wat hoogmoedig is, en verneder hom. Kyk na elke mens wat hoogmoedig is, en verneder hom, trap die mens wat verkeerd doen, plat, trap hom daar waar hy staan. Begrawe hulle in die grond, sluit hulle toe in die doderyk.
JOB 40:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê: Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My. Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê? Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy? Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie! Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit. Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan. Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
JOB 40:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het weer vir Job aangespreek uit die stormwind uit: “Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy My. Wil jy my beslissing tot niet maak? Wil jy My skuldig verklaar sodat jy vrygespreek kan word? Het jy die mag wat Ek het? Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor soos Ek? Tree dan op met jou trots en jou groot mag, handel in jou majesteit en heerlikheid. Laat brand dan jou gloeiende toorn, sien elke trotsaard raak en sit hom op sy plek, sien elke trotsaard raak en verneder hom, trap die goddeloses plat. Begrawe hulle almal, lê hulle weg in die graf.
JOB 40:1-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het Job uit 'n stormwind geantwoord; Hy het gesê: “ Omgord maar jou heupe soos 'n man! Ek sal jou ondervra, lig jy My dan in! Wil jy werklik my beslissings dwarsboom, My skuldig verklaar, sodat jy gelyk kan hê? Of het jy 'n arm soos dié van God? Kan jy soos Hy jou stem laat donder? Tooi jou dan met majesteit en aansien; klee jou met luister en glans. Laat jou woedebuie oral uitbars; sien elkeen raak wat verwaand is en verneder hom. Sien elkeen raak wat verwaand is en dwing hom op sy knieë. Vertrap goddeloses net daar waar hulle is. Verberg hulle saam in die stof. Hou hulle gevange in die verborgene.
JOB 40:1-8 Die Boodskap (DB)
Die Here het Job toe uit ’n storm geantwoord en gesê: “Maak jou reg en wees sterk, Ek het ’n paar vrae wat Ek jou wil vra. Ek soek antwoorde. Wil jy sê wat Ek oor jou besluit het, is nie reg nie? Wil jy bewys Ek is skuldig sodat jy kan sê jy is reg? Dink jy jy is net so sterk soos Ek? Kan jou stem uit die donderweer dreun soos Myne? Tree op met trots en wees eerlik. Jy moet goed voel oor jouself. Raak van al die woede in jou ontslae. As jy iemand sien wat hoogmoedig is, bring hom af aarde toe. Jy moet die hoogmoedige mense wat jy sien, verneder. En mense wat verkeerde dinge doen, vernietig hulle daar en dan. Begrawe hulle almal in die grond en bind hulle vas in die graf.
JOB 40:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het toe vir Job uit ’n storm geantwoord: “Gaan staan regop soos ’n man. Ek wil ’n paar vrae aan jou stel. Jy moet My antwoord. “Wil jy sê dat Ek verkeerd is? Wil jy My veroordeel sodat jy geregverdig kan wees? Is jy so sterk soos God? Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor? Laat jou gesag dan geld. Tree op in jou koninklike majesteit. Gee uiting aan jou woede sodat dit oorkook oor die hoogmoediges en hulle verneder. Vernietig slegte mense met een blik. Loop oor die goddeloses. Begrawe almal in die stof. Sluit hulle toe in die graf.