JOB 38:4-7
JOB 38:4-7 Bybel vir almal (ABA)
“Waar was jy toe Ek die aarde op sy fondamente gesit het? Sê vir my as jy so baie weet. Wie het 'n maatlyn styfgetrek en gemeet hoe groot die aarde moet wees? Weet jy? Waarop staan die voetstukke van die pilare van die aarde? Wie het die hoek-klip onder die aarde gesit? Daardie dag het al die môre-sterre gesing en almal in die hemel het gejuig.
JOB 38:4-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? — jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê? Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?
JOB 38:4-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het. Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit? Wie het 'n maatlyn oor hom gespan? Waarop is sy voetstukke neergesit? Wie het hom aanmekaargesit daardie oggend toe die sterre saamgesing het en al die hemelinge gejubel het?
JOB 38:4-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waar was jy toe Ek die fondamente van die aarde gelê het? Maak dit bekend as jy die insig verwerf het! Wie het die afmetings daarvan bepaal? Sê as jy dit weet! Of wie het 'n maatband daaroor gespan? Waarop is sy voetstukke ingesink? Of wie het die hoeksteen daarvan gelê terwyl die oggendsterre saam gejubel, en al die hemelwesens gejuig het?
JOB 38:4-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waar was jy toe Ek die fondamente van die aarde gelê het? verklaar, as jy verstand het. Wie het sy afmetings bepaal as jy dit weet? of wie het die lyn daaroor gespan? Waarop is die fondamente daarvan vasgemaak? of wie die hoeksteen daarvan gelê het; Toe die môresterre saam gesing het, en al die seuns van God gejuig het?
JOB 38:4-7 Die Boodskap (DB)
“Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? As jy so danig baie weet, sê My! Wie het besluit hoe groot die aarde moet wees? Toe, jy weet dit tog seker, nie waar nie? Wie het die aarde afgemeet? Waarop is die voetstukke van die aarde neergesit? Wie het die hoeksteen gelê? Die môresterre het saamgesing en al die hemelse inwoners het van blydskap geskreeu toe dit gebeur het.
JOB 38:4-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Waar was jy toe Ek die fondasie van die aarde gelê het? Sê My as jy so baie weet! Wie het die aarde opgemeet? Jy weet tog seker! En wie het die maatband oor die aarde gespan? Waarop rus die fondasie van die aarde? En wie het sy hoeksteen gelê? Toe het al die môresterre saamgesing en die hemelse wesens het van vreugde gejuig.