JOB 38:4-5
JOB 38:4-5 Bybel vir almal (ABA)
“Waar was jy toe Ek die aarde op sy fondamente gesit het? Sê vir my as jy so baie weet. Wie het 'n maatlyn styfgetrek en gemeet hoe groot die aarde moet wees? Weet jy?
JOB 38:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? — jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?
JOB 38:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het. Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit? Wie het 'n maatlyn oor hom gespan?
JOB 38:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waar was jy toe Ek die fondamente van die aarde gelê het? Maak dit bekend as jy die insig verwerf het! Wie het die afmetings daarvan bepaal? Sê as jy dit weet! Of wie het 'n maatband daaroor gespan?
JOB 38:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waar was jy toe Ek die fondamente van die aarde gelê het? verklaar, as jy verstand het. Wie het sy afmetings bepaal as jy dit weet? of wie het die lyn daaroor gespan?