JOB 38:25-27
JOB 38:25-27 Bybel vir almal (ABA)
Wie het vir die reën en die donderweer 'n pad gemaak sodat dit kan reën op 'n plek waar daar nie mense is nie en in die woestyn waar niemand woon nie? Wanneer dit reën, dan word die droogste plekke nat, en gras begin daar groei.
JOB 38:25-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal; om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie; om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?
JOB 38:25-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie het vir die stortreën 'n pad oopgekap en vir die donderwolke hulle koers bepaal sodat dit reën in 'n land waar nie mense is nie, in 'n woestyn waar niemand woon nie en 'n droë, dor land deurnat word, sodat daar groen gras uitspruit?
JOB 38:25-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie het vir die vloedwaters 'n voor oopgekloof, 'n pad vir die harde donderslae, om dit te laat reën op 'n land sonder mense, op 'n woestyn waarin daar geen mens is nie, om so die wildernis en woesteny te versadig, en groen grasspriete te laat uitspruit?
JOB 38:25-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat 'n waterloop gekloof het vir die oorstroming van waters, of 'n pad vir die weerlig van die donder; om dit te laat reën op die aarde waar niemand is nie; in die woestyn waarin niemand is nie; Om die verlate en woeste grond te versadig; en om die knop van die sagte kruie te laat uitspruit?
JOB 38:25-27 Die Boodskap (DB)
“Wie het ’n kanaal oopgekap vir die reën wat neerstort? Wie het ’n pad vir die donderstorm oopgemaak? Wie maak dat die reën op die dorre woestynland val waar nie ’n enkele mens te sien is nie? Wie sorg dat ’n droë en dor land nat word sodat daar gras in die grond kan groei?