JOB 38:12-18
JOB 38:12-18 Bybel vir almal (ABA)
“Job, het jy in jou lewe vir die oggend gesê dat hy moet kom, het jy vir die dag gesê wanneer dit moet begin? Het jy vir die oggendlig gesê om die aarde te gryp en die mense af te skud wat verkeerd doen? Wanneer dit lig word, dan verander die aarde soos klei verander wanneer 'n mens 'n seël op die klei druk. Die berge en die valleie is soos die voue in 'n bo-kleed. Wanneer die nag verby is, dan kan die mense wat verkeerd doen, nie meer ander mense seermaak en doodmaak nie. Job, was jy al by die fontein waar die see se water uitkom? Het jy al rondgeloop onder op die diep plekke onder die groot see? Het jy die poorte van die doderyk gesien, die poorte van die donker plek? Weet jy hoe groot die aarde is? Sê vir My, as jy dit weet.
JOB 38:12-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys, om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word? Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed. En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek. Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed? Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien? Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.
JOB 38:12-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Het jy, Job, in jou tyd die môre beveel om te kom? Weet jy waar die daeraad vandaan kom, die daeraad wat lig oor die hele aarde bring sodat die goddeloses nie in die donker kan bly skuil nie? Met die daeraad word die vorm van die aarde sigbaar, dit neem vorm aan soos klere wat aangetrek word. Dan word die goddeloses hulle bestaan ontneem en word hulle geweld beëindig. Het jy, Job, al gekom by die plek waar die seewater uitborrel, en rondgestap op die bodem van die diepsee? Het jy die ingang van die doderyk gesien, die plek van donkerte al bekyk? Kan jy 'n beeld vorm van die groot wye wêreld? Praat as jy iets daarvan weet.
JOB 38:12-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Het jy op enige van jou lewensdae 'n opdrag aan die oggend gegee, vir die rooidag sy plek aangewys deur die some van die aarde vas te vat, sodat goddeloses daarvan afgeskud word? Die aarde verander soos klei onder 'n rolseël, sodat alles vorm kry soos 'n bokleed. Goddeloses word van hulle lig ontneem, en 'n opgehefde voorarm word gebreek. “Het jy al gekom tot by die bronne van die see, en in die onbekende dele van die diep waters rondgeloop? Is die poorte van die dood vir jou blootgelê, en die poorte van die pikdonkerte – het jy dit gesien? Het jy al ag geslaan op die uitgestrektheid van die aarde? Vertel, as jy dit alles weet!
JOB 38:12-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Het U die môre bevel gegee van u dae af; en die dagspring sy plek laat ken het; Dat dit die eindes van die aarde kan aangryp, sodat die goddelose daaruit geskud kan word? Dit het soos klei na die seël verander; en hulle staan soos 'n kleed. En van die goddelose word hulle lig weerhou, en die hoë arm sal verbreek word. Het jy in die fonteine van die see ingegaan? of het jy gewandel in die soeke na die diepte? Is die poorte van die dood vir jou oopgemaak? of het jy die deure van die doodskaduwee gesien? Het jy die breedte van die aarde gewaar? verklaar of jy dit alles weet.
JOB 38:12-18 Die Boodskap (DB)
“Job, het jy al ooit vir die oggend gesê om te begin en die dag laat verstaan wanneer om te breek? Die daglig versprei tot by die verste dele van die aarde. Die lig wat oral skyn, maak dit onmoontlik vir die misdadigers om weg te kruip. Die lig skud hulle uit hulle wegkruipplekke uit. As die dag breek, sien ’n mens eers net die vorm van die berge en die valleie op die aarde. Dit lyk soos ’n vorm wat in klei afgedruk is of die voue van ’n stuk klere. Die lig maak dit vir die misdadigers moeilik om mense te pla. Dit keer hulle om met hulle geweld voort te gaan. “Job, het jy al gaan kyk na die bronne waaruit die see borrel? Het jy al diep in die see op die bodem rondgeloop? Het iemand al vir jou gewys waar die hekke van die dood is? Het jy die ingang na die doderyk gesien? Het jy enigsins ’n idee hoe groot die aarde is? Sê vir My as jy dit alles weet!
JOB 38:12-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Het jy ooit die môre beveel om te verskyn? Het jy die dag laat breek in die ooste? Het jy al die lig opdrag gegee om oor die aarde te sprei sodat die nag se boosheid kan ophou? Die aarde neem vorm aan soos die lig toeneem. Dit neem vorm aan soos voue in ’n kledingstuk. Die lig versteur die rooftog van die kwaaddoener. Hulle kan nie meer die arm lig om geweld te pleeg nie. “Was jy al by die fonteine waar die see ontspring? Het jy al daar rondgeloop en sy dieptes verken? Weet jy waar die ingang van die doderyk is, waar die donkerte skuil? Begryp jy hoe groot die aarde is? Sê My as jy dit alles weet.