JOB 33:27-30
JOB 33:27-30 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal hy vir mense sê: ‘Ek het sonde gedoen, ek het nie gedoen wat reg is nie, en God het my nie gestraf nie. Hy het my gered, ek het nie gesterf nie, ek geniet nog die lewe.’ Luister na my: God doen dit alles met 'n mens, Hy doen dit weer en weer. God hou 'n mens weg van die graf, Hy laat die mens die lewe geniet.
JOB 33:27-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie. Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig. Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met 'n mens om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
JOB 33:27-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan getuig hy voor die mense: ‘Ek het gesondig, my nie gesteur aan wat reg is nie, en tog het God my nie gestraf soos ek verdien nie. Hy het my gered, ek het nie gesterf nie, nou lewe ek weer.’ “Dit alles doen God met die mens, selfs meer as een keer. So keer God die mens weg van die graf af en laat Hy hom weer lewe.
JOB 33:27-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So iemand kyk na mense en sê: ‘Ek het gesondig en die reg verdraai, maar daar is nie met my afgereken nie. God het my vrygekoop van die oorgang na die grafkuil; en my lewe mag hom in die lig verlustig.’ “Kyk, al hierdie dinge doen God selfs twee of drie maal met 'n man, om hom van die grafkuil weg te keer, en die lig van die lewe te laat skyn.
JOB 33:27-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy kyk na die mense, en as iemand sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg was, en dit het my niks gebaat nie; Hy sal sy siel verlos daarvan om in die kuil te gaan, en sy lewe sal die lig sien. Kyk, al hierdie dinge werk God dikwels met die mens, Om sy siel uit die put terug te bring, om verlig te word met die lig van die lewendes.
JOB 33:27-30 Die Boodskap (DB)
Hy sal vir die mense vertel: ‘Ek het verkeerde dinge gedoen. Ek het my nie gesteur aan wat reg is nie, maar dit het my niks in die sak gebring nie. Dit was nie die moeite werd om so te leef nie. Maar God het gesorg dat ek nie in die dood beland het nie. Hy het my losgekoop. Nou lewe ek en kan ek die lig geniet.’ “Dit is wat God vir mense doen. Hy doen dit selfs twee of drie keer vir hulle. Hy bring mense uit die dood terug sodat hulle weer in die lig kan leef. Hulle is mense wat bly is oor die lewe.
JOB 33:27-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal vir sy vriende sê: ‘Ek het gesondig en verkeerd gedoen, maar God het my nie gestraf soos wat ek verdien het nie. God het my gered van die graf, en nou is my lewe gevul met lig.’ “Ja, God doen al hierdie dinge vir mense, weer en weer. Hy red hulle van die graf sodat hulle mag lewe in die lig van die lewendes.