JOB 33:14-18
JOB 33:14-18 Die Boodskap (DB)
God praat op verskillende maniere met mense, maar hulle besef dit nie altyd nie. Vir party mense sal God ’n droom of ’n gesig in die nag gee as hulle vas op hulle bed lê en slaap. Op so ’n manier gee die Here dan vir hulle ’n duidelike waarskuwing om met verkeerde dinge op te hou en nie te veel van hulleself te dink nie. So probeer Hy keer dat mense doodgaan en in die graf eindig.
JOB 33:14-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap en op hulle beddens lê. Hy fluister in hulle ore en verskrik hulle met sy waarskuwings. Hy laat mense van gedagte verander om hulle van verkeerde dade weg te hou, en hulle van hoogmoed te weerhou. Hy red hulle van die graf, van die diep rivier van die dood.
JOB 33:14-18 Bybel vir almal (ABA)
Want God praat weer en weer, maar mense luister nie. God praat in die nag, wanneer mense vas slaap, Hy wys vir hulle dinge wanneer hulle droom. Hy sê duidelik vir hulle wat Hy wil hê, Hy waarsku hulle, en hulle word bang. Hy wil hê hulle moet ophou om verkeerd te doen, hulle moet ophou om hoogmoedig te wees. God wil keer sodat 'n mens nie sterf nie, Hy wil die mens red van die graf.

JOB 33:14-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
JOB 33:14-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
“God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie. Hy praat met die mens in 'n droom, in 'n gesig in die nag, wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed. Dan openbaar God Hom aan die mens en dreig dat Hy hom sal straf om hom van verkeerde dade af weg te hou en hom van hoogmoed te weerhou. God wil die mens nie die graf laat ingaan nie, Hy wil hom nie laat sterf nie.
JOB 33:14-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want God praat op een, ja, op twee maniere, maar die mens sien dit nie raak nie. In 'n droom, in 'n naggesig, wanneer 'n diep slaap mense oorval, en hulle insluimer op hulle beddens, dan open Hy die ore van mense, en bevestig Hy die vermanings aan hulle – om mense te laat afsien van wat hulle doen, en 'n man van hoogmoed te vrywaar, om hom weg te hou van die grafkuil, sy lewe daarvan te weerhou om die rivier oor te steek.
JOB 33:14-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want God spreek een keer, ja twee keer, maar die mens sien dit nie. In 'n droom, in 'n naggesig, wanneer diepe slaap oor die mense val, in sluimering op die bed; Dan maak Hy die ore van die mense oop en verseël hulle tug, sodat hy die mens van sy voorneme kan onttrek en hoogmoed vir die mens kan verberg. Hy bewaar sy siel uit die kuil en sy lewe om deur die swaard te vergaan.