JOB 31:24-28
JOB 31:24-28 Bybel vir almal (ABA)
Ek het nie gedink dat goud my sal beskerm sodat dit goed sal gaan met my nie. Ek was nie hoogmoedig omdat ek ryk was en baie goed bymekaargemaak het nie. Ek het nie na die son gekyk wat so helder skyn of na die maan wat so blink, en ek het my nie dan laat verlei nie. Ek het nie vir hulle soene gegooi met my hand en hulle gedien wanneer niemand kyk nie. As ek dit gedoen het, dan het ek sonde gedoen, en dan moet God my straf, want dan was ek vals teen Hom.
JOB 31:24-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue! As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het; as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan, en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het — ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.
JOB 31:24-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Het ek op goud my vertroue geplaas, het ek gedink fyn goud sal my sekerheid gee? Het ek al my vreugde gevind in my groot rykdom, in die besittings wat ek bymekaargemaak het? Het ek die son sien skyn, die maan in sy prag sien beweeg, en my laat verlei om hulle te vereer met 'n soen op my hand? Dit sou 'n sonde wees wat gestraf moes word, want dan sou ek God daarbo verloën het.
JOB 31:24-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ek my vertroue gestel het in goud, vir fyngoud gesê het, ‘My veilige toevlug!’ as ek my verbly het oor my groot rykdom, ja, omdat my hande geweldig baie bereik het; as ek na die son gekyk het hoe dit skyn, en na die maan wat met grootsheid beweeg, sodat my hart in die geheim verlei is, en my hand na my mond gebring is vir 'n soen, sou dit ook 'n strafbare sondeskuld wees, omdat ek God daarbo sou verloën.
JOB 31:24-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As ek goud my hoop gemaak het, of vir die fyn goud gesê het: U is my vertroue; As ek bly was omdat my rykdom groot was en omdat my hand baie gekry het; As ek die son sien wanneer dit skyn, of die maan wat in helderheid wandel; En my hart is in die geheim verlok, of my mond het my hand gesoen. Dit was ook 'n ongeregtigheid wat deur die regter gestraf moes word, want ek moes die God wat daarbo is, verloën het.
JOB 31:24-28 Die Boodskap (DB)
“Ek het nooit my vertroue op geld of goud gesit nie. Ek was ook nie ’n gelukkige en vrolike mens omdat ek ryk was en baie goed gehad het nie. Het ek ooit na die son gekyk wat helder skyn of na die maan wat so mooi is en in die hemel beweeg en my laat verlei om hulle te aanbid? As ek het, was ek ontrou aan die God van die hemel. Dan moet ek gestraf word.
JOB 31:24-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Het ek op geld vertrou, of gedink ek is veilig omdat ek baie goud besit? Hang my geluk af van my rykdom en alles wat ek besit? Het ek ooit gekyk na die son wat skyn, of na die maan se silwer baan deur die ruimte, en my heimlik laat verlei om hulle te aanbid? As dit so was, sou regters my gestraf het, want ek sou die God van die hemel verloën het.