JOB 2:9-10
JOB 2:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Sy vrou het vir hom gesê: “Hoekom hou jy aan om 'n goeie man te wees? Jy moet vir God vervloek. Dan kan jy sterf.” Maar Job het vir sy vrou gesê: “Jy praat nou soos 'n dwaas. Ons aanvaar die goeie dinge wat God vir ons gee, ons moet ook die slegte dinge aanvaar wat Hy vir ons gee.” Terwyl alles gebeur het, het Job niks verkeerd gesê nie.
JOB 2:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf! Maar hy antwoord haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
JOB 2:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
En sy vrou het vir hom gesê: “Bly jy nog steeds vroom? Vervloek God en sterf!” Toe sê hy vir haar: “Jy praat nou soos 'n vroumens sonder verstand. As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?” Onder alles het Job met geen woord gesondig nie.
JOB 2:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy vrou het vir hom gesê: “Volhard jy steeds in jou onberispelike optrede? Vloek God, en sterf!” Hy het egter vir haar gesê: “Jy praat soos een van die dwase vroue praat. Die goeie wat van God kom, dié aanvaar ons, maar die slegte – moet ons dit nie ook aanvaar nie?” Ondanks dit alles het Job nie met 'n enkele woord gesondig nie.
JOB 2:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê sy vrou vir hom: Behou jy nog jou onkreukbaarheid? vloek God en sterf. Maar hy sê vir haar: Jy praat soos een van die dwase vroue praat. Wat? sal ons die goeie uit die hand van God aanneem en nie die kwaad aanneem nie? In dit alles het Job nie met sy lippe gesondig nie.
JOB 2:9-10 Die Boodskap (DB)
Sy vrou het met hom gepraat en gevra: “Bly jy nog steeds by wat jy glo reg is, Job? Hoekom vloek jy nie die Here en kry klaar en gaan dan dood nie.” Job het haar geantwoord: “Jy praat nou soos ’n mens wat net mooi niks verstaan nie. As die Here vir ons goeie dinge gee, vat ons dit sonder om twee keer daaroor te dink. Dink jy dan nie dat ons dit moet aanvaar as Hy ook slegte dinge met ons laat gebeur nie?” Al het al hierdie slegte dinge met Job gebeur, het hy steeds nie iets verkeerds gesê nie.
JOB 2:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sy vrou vra hom: “Hoekom hou jy aan om die Here te dien? Vloek God en sterf!” Job het haar geantwoord: “Jy praat nou soos ’n mens wat God glad nie ken nie. Ek het die goeie geskenke uit God se hand aanvaar. Moet ek nie nou ook die slegte aanvaar nie?” Job het steeds niks verkeerds gedoen of gesê nie.