JOB 15:15-16
JOB 15:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Kan God sy engele vertrou en is die hemel self rein genoeg vir Hom? Nee. Hy kan mense nog minder vertrou, mense wat sleg is, baie sleg, mense wat aanhou om sleg te wees.
JOB 15:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie; hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!
JOB 15:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
As God nie eers die hemelwesens vertrou nie en selfs die hemel nie rein is in sy oë nie, hoeveel minder 'n onrein, verdorwe mens wat boosheid indrink soos water?
JOB 15:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, God stel selfs in sy heiliges nie vertroue nie – ook die hemel is nie rein in sy oë nie – hoeveel minder 'n mens wat afstootlik en ontaard is, wat ongeregtigheid soos water drink!
JOB 15:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Hy stel geen vertroue op sy heiliges nie; ja, die hemel is nie rein voor sy oë nie. Hoeveel meer gruwel en vuil is die mens wat ongeregtigheid drink soos water?
JOB 15:15-16 Die Boodskap (DB)
Om die waarheid te sê, die Here vertrou nie eens sy engele nie. In sy oë is selfs nie eens die hemel sonder enige foute nie. As hulle dit nie eens kan doen nie, hoeveel minder dan ’n mens! Mense is vol foute en doen baie dinge verkeerd. Vir hulle is om water te drink en om verkeerde goed te doen presies dieselfde.