JOB 11:13-18
JOB 11:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar jy, as jy jou verstand reg wil gebruik en jou hande in gebed na God toe uitsteek, as jy jou sonde van jou af sou verwyder en nie toelaat dat onreg in jou woon nie, kan jy jou kop sonder skaamte oplig en in die nood kom sonder om bang te wees, kan jy jou swaarkry vergeet en daaraan dink asof dit water is wat weggeloop het. Jou lewe sal meer lig hê as die helder middag, jou donker sal lig word soos die môre. Jy sal gerus wees omdat daar vir jou vooruitsigte is, jy sal jou lêplek regmaak en rustig slaap.
JOB 11:13-18 Bybel vir almal (ABA)
Job, as jy verstandig wil wees en jy steek jou hande uit na God en jy bid, as jy ophou om verkeerd te doen en daar is nooit sonde in jou huis nie, dan sal jy onskuldig wees, jy sal nie skaam wees nie. Jy sal sterk wees en jy sal vir niks bang wees nie. Want jy sal vergeet dat jy swaargekry het, jy sal dink dat dit soos water is wat verbygevloei het. Die lig sal weer skyn in jou lewe, die donker dinge sal verander in lig. Jy sal weer kan hoop, jy sal rondkyk en dan sal jy rustig gaan slaap.
JOB 11:13-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AS jý jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom — as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie — ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees. Ja, jý sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink. En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker — dit sal wees soos die môre! En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond — jy sal in veiligheid gaan slaap.
JOB 11:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar jy, as jy jou verstand reg wil gebruik en jou hande in gebed na God toe uitsteek, as jy jou sonde van jou af sou verwyder en nie toelaat dat onreg in jou woon nie, kan jy jou kop sonder skaamte oplig en in die nood kom sonder om bang te wees, kan jy jou swaarkry vergeet en daaraan dink asof dit water is wat weggeloop het. Jou lewe sal meer lig hê as die helder middag, jou donker sal lig word soos die môre. Jy sal gerus wees omdat daar vir jou vooruitsigte is, jy sal jou lêplek regmaak en rustig slaap.
JOB 11:13-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“As jy maar net iemand was wat jou hart daarop gerig het, en jou handpalms na Hom uitgestrek het! As daar onreg aan jou hande kleef, raak ontslae daarvan! Moenie ongeregtigheid in jou tente laat woon nie! Want dan sal jy jou kop kan lig sonder 'n skandvlek; jy sal stewig staan en nie vrees nie. Ja, jy sal van teenspoed vergeet; as water wat verbygevloei het, sal jy daaraan dink. Die lewe sal hoër styg as die middagson, die donker sal soos die oggend wees. Jy sal geborge voel, want daar is hoop. Jy sal alles deurkyk en veilig gaan slaap
JOB 11:13-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As jy jou hart voorberei en jou hande na hom uitstrek; As ongeregtigheid in jou hand is, sit dit ver weg, en laat geen goddeloosheid in jou tente woon nie. Want dan sal jy vlekkeloos jou aangesig ophef; ja, jy moet standvastig wees en nie vrees nie; Want jy sal jou ellende vergeet en daaraan dink soos waters wat verbygaan; En jou ouderdom sal helderder wees as die middag; jy sal straal, jy sal wees soos die môre. En jy sal veilig wees, want daar is hoop; ja, jy moet om jou grawe, en jy sal veilig rus.
JOB 11:13-18 Die Boodskap (DB)
“Job, jy moet jou houding teenoor God regkry. Steek jou hande na Hom toe uit om te wys dat jy van Hom afhanklik is. Hou op om verkeerde dinge te doen. Moenie verkeerde goed in jou huis toelaat nie. Dan sal jy weer jou kop kan optel sonder om skaam te wees. Jy sal veilig kan voel en weet jy hoef nie bang te wees nie. Jy sal van al jou swaarkry kan vergeet. Dit sal soos water wees wat verbyloop en nie weer terugkom nie. Jy sal daarvan vergeet. Dit sal met jou goed gaan. Jou lewe sal meer lig hê as die son wat in die middag skyn. As daar donker tye in jou lewe kom, sal dit soos lig wees. Omdat jy weet daar is hoop vir jou, sal jy moed hê vir die toekoms. As jy klaar na alles om jou gekyk het, sal jy veilig kan slaap.
JOB 11:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande na Hom oplig in gebed! Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs. Jy sal jou swaarkry vergeet. Dit sal weg wees soos water onderdeur ’n brug. Jou lewe sal helder wees soos in die middel van die dag, alle donkerte so helder soos die oggendlig. Jy sal vol moed wees omdat jy hoop sal hê. Jy sal beskerm wees en rus in veiligheid.