JOHANNES 8:31-32
JOHANNES 8:31-32 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir die Jode wat in Hom glo, gesê: “As julle glo en doen wat Ek sê, dan sal julle regtig my dissipels wees. Dan sal julle weet wat die waarheid is, en die waarheid sal julle vrymaak.”
JOHANNES 8:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
JOHANNES 8:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
JOHANNES 8:31-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Jesus vir die Jode wat Hom geglo het, gesê: “As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels, en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”
JOHANNES 8:31-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, dan is julle waarlik my dissipels; En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
JOHANNES 8:31-32 Die Boodskap (DB)
Jesus sê toe vir hierdie Jode wat hulle vertroue in Hom begin stel: “Julle is regtig my volgelinge as julle glo wat Ek sê. Hou vas daaraan en leef daarvolgens. So sal julle ontdek wat vir God belangrik en sinvol is. En hoe meer julle dit ontdek, hoe meer sal julle word wat God julle gemaak het, vry mense.”