JOHANNES 7:3-5
JOHANNES 7:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Jesus se broers het vir Hom gesê: “Jy moet hier weggaan en na Judea gaan. Dan kan jou dissipels die wonderwerke sien wat jy doen. Dit help nie 'n mens doen iets waar niemand dit kan sien nie, want dan moet jy nie dink almal sal weet van jou nie. Wanneer jy hierdie wonderwerke doen, moet jy dit só doen dat al die mense kan sien dit is jý wat dit doen.” Jesus se broers het nie in Hom geglo nie.
JOHANNES 7:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen. Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld. Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.
JOHANNES 7:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus se broers sê toe vir Hom: “Gaan 'n bietjie hiervandaan na Judea toe dat jou dissipels daar ook die wonderdade kan sien wat jy doen. 'n Mens wat oral bekend wil wees, doen nie iets in die geheim nie. Aangesien jy dan hierdie dinge doen, maak jou openlik aan die wêreld bekend.” Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie.
JOHANNES 7:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy broers het toe vir Hom gesê: “Vertrek hiervandaan en gaan na Judea, sodat jou dissipels ook die dade wat jy verrig, kan sien. Want niemand doen iets in die geheim en wil dan tog in die openbaar bekend wees nie. Indien jy hierdie dinge wil doen, maak dan jouself aan die wêreld bekend.” Trouens, selfs sy broers het nie in Hom geglo nie.
JOHANNES 7:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sy broers sê toe vir hom: Gaan hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook die werke kan sien wat U doen. Want daar is niemand wat iets in die geheim doen nie, en hy soek self om in die openbaar bekend te word. As jy hierdie dinge doen, toon jouself aan die wêreld. Want sy broers het ook nie in hom geglo nie.
JOHANNES 7:3-5 Die Boodskap (DB)
Jesus se broers sê toe vir Hom: “Luister, vir wat sit jy hier? Gaan Judea toe en wys vir jou volgelinge wat jy kan doen. Wat van ’n paar wonders daar? As jy aandag wil trek, help dit nie jy kruip hier weg nie. As jy hierdie dinge dan nou moet doen, gaan doen dit ten minste daar waar al die mense jou kan sien.” Sy broers het so met Hom gepraat, want hulle kon nog nie aanvaar dat Hy werklik die Seun van God is nie.
JOHANNES 7:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus se broers het toe vir Hom gesê: “Gaan tog ’n slag hiervandaan na Judea toe sodat jou dissipels daar ook die wonderdade kan sien wat jy doen. Niemand wat op die voorgrond wil wees, doen enigiets in die geheim nie. As jy dan hierdie dinge doen, gaan maak jou openlik voor al die mense bekend.” Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie.