JOHANNES 6:68-69
JOHANNES 6:68-69 Bybel vir almal (ABA)
Simon Petrus het vir Jesus gesê: “Nee, Here, daar is niemand na wie toe ons kan gaan nie. Die dinge wat U sê, laat mense altyd lewe. Ons glo en weet dat U die Heilige is wat van God kom.”
JOHANNES 6:68-69 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.
JOHANNES 6:68-69 Afrikaans 1983 (AFR83)
Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.”
JOHANNES 6:68-69 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Simon •Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het woorde van die ewige lewe. En ons glo en weet dat U die •Heilige van God is. ”
JOHANNES 6:68-69 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe antwoord Simon Petrus Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? jy het die woorde van die ewige lewe. En ons glo en is seker dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.