JOHANNES 5:8-10
JOHANNES 5:8-10 Bybel vir almal (ABA)
Jesus sê toe vir hom: “Staan op, neem jou slaapmat en loop!” Die man het dadelik gesond geword. Hy het sy slaapmat geneem en begin loop. Dit het op 'n Sabbatdag gebeur. Die Jode sê toe vir die man wat gesond geword het: “Dit is 'n Sabbatdag. Jy mag nie jou slaapmat op die Sabbatdag dra nie!”
JOHANNES 5:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop. En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat. Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
JOHANNES 5:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was 'n sabbatdag. Die Jode sê toe vir die man wat genees is: “Dit is 'n sabbatdag; jy mag nie jou goed dra nie.”
JOHANNES 5:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus sê vir hom: “Staan op, tel jou slaapmat op en loop.” En dadelik het die man gesond geword, sy slaapmat opgetel en begin loop. Daardie dag was egter 'n Sabbat. Die Jode sê toe vir die man wat genees is: “Dit is Sabbat – dit is nie vir jou toelaatbaar om jou slaapmat te dra nie.”
JOHANNES 5:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop. En dadelik is die man gesond, en hy het sy bed opgeneem en gewandel; en dit was op dieselfde dag sabbat. Die Jode het toe vir die geneesde gesê: Dit is sabbatdag; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
JOHANNES 5:8-10 Die Boodskap (DB)
“Staan op!” sê Jesus. “Vat jou slaapmat en stap hier weg.” Die man het dadelik gesond geword. Hy het sy slaapmat opgetel en weggestap. Dit het op die sabbat gebeur. “Dit is die sabbat vandag,” gaan die Jode die man teë. “Jy mag mos nie vandag jou slaapmat dra nie.”
JOHANNES 5:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus sê toe vir hom: “Staan nou op, tel jou slaapmatjie op en loop!” Onmiddellik het die man gesond geword, sy slaapmatjie opgetel en begin loop. Op daardie dag was dit die Sabbat. Die Jode sê toe vir die man wat so pas gesond geword het: “Dit is ’n Sabbat; daarom mag jy nie jou slaapmatjie dra nie.”