JOHANNES 4:53-54
JOHANNES 4:53-54 Bybel vir almal (ABA)
Die pa het toe besef dit was dieselfde tyd toe Jesus vir hom gesê het: “Jou seun sal nie sterf nie.” Hy en almal in sy huis het toe in Jesus geglo. Dit was die tweede wonderteken wat Jesus in Kana gedoen het. Hy het dit gedoen nadat Hy uit Judea in Galilea gekom het.
JOHANNES 4:53-54 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die vader merk toe dat dit daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun lewe! En hy het self geglo en sy hele huis. Hierdie tweede teken weer het Jesus gedoen toe Hy uit Judéa in Galiléa gekom het.
JOHANNES 4:53-54 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die pa het toe besef dat dit op dieselfde oomblik was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.” En hy en sy hele huisgesin het tot geloof in Jesus gekom. Dit was die tweede wonderteken wat Jesus gedoen het nadat Hy weer uit Judea na Galilea toe gekom het.
JOHANNES 4:53-54 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vader het toe besef dat dit op daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun leef.” En hy en sy hele huishouding het tot geloof gekom. Dit was die tweede teken wat Jesus gedoen het ná sy vertrek van Judea na Galilea.
JOHANNES 4:53-54 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die vader het toe geweet dat dit op dieselfde uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun leef, en hy het geglo, en sy hele huis. Dit is weer die tweede wonder wat Jesus gedoen het toe Hy uit Judéa na Galilea gekom het.
JOHANNES 4:53-54 Die Boodskap (DB)
Toe hy mooi terugdink, besef die pa dat dit juis die tyd was toe hy en Jesus gesels het. Jesus het toe mos al vir hom gesê dat sy seun lewe. Hy, saam met almal wat in sy huis bly, het toe in Jesus geglo. Dit was die tweede wonderteken wat Jesus in Galilea gedoen het nadat Hy teruggekom het uit Judea.
JOHANNES 4:53-54 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die pa het toe besef dat dit die presiese uur was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.” Hy en sy hele huishouding het toe begin glo. Dit was die tweede wonderteken wat Jesus gedoen het nadat Hy uit Judea in Galilea aangekom het.