JOHANNES 4:31-34
JOHANNES 4:31-34 Bybel vir almal (ABA)
Voordat die mense daar gekom het, het die dissipels vir Jesus gesê: “ Rabbi, U moet iets eet.” Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek het kos om te eet, maar julle weet nie wat dit is nie.” Toe vra die dissipels vir mekaar: “Het iemand miskien kos vir Hom gebring?” Jesus het vir hulle gesê: “My kos is om te doen wat God wil hê Ek moet doen. God het My na die wêreld gestuur. Ek moet alles klaar doen wat Hy gesê het.
JOHANNES 4:31-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: Rabbi, eet. Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie. Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring? Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.
JOHANNES 4:31-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: “Rabbi, eet tog 'n stukkie.” Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” Die dissipels sê toe vir mekaar: “Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?” Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.
JOHANNES 4:31-34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: “Rabbi, eet iets.” Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” Die dissipels vra toe onder mekaar: “Iemand het tog nie vir Hom iets te ete gebring nie?” En Jesus sê vir hulle: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.
JOHANNES 4:31-34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Intussen het sy dissipels vir Hom gebid en gesê: Meester, eet! Maar Hy sê vir hulle: Ek het vleis om te eet waarvan julle nie weet nie. Daarom sê die dissipels vir mekaar: Het iemand vir hom behoort te eet? Jesus sê vir hulle: My spys is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.
JOHANNES 4:31-34 Die Boodskap (DB)
By die put het die dissipels intussen vir Hom gesê: “Rabbi, U moet iets eet.” Sy antwoord was: “Ek het my eie kos waarvan julle nie eens weet nie.” Die dissipels bespiegel toe onder mekaar: “Het iemand anders dalk intussen vir Hom iets gebring om te eet?” Jesus help hulle toe reg: “Weet julle wat is vir My soos kos? Dít: om presies te doen wat God wat My gestuur het, wil hê Ek moet doen. Alles wat Hy wil hê Ek moet doen, wil Ek klaarmaak. Wanneer Ek dit doen, voel Ek ‘versadig’, net soos iemand wat lekker geëet het.
JOHANNES 4:31-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Intussen het sy dissipels Hom gesmeek en gesê: “Rabbi, eet tog net iets.” Maar Hy het reageer: “Ék het kos om te eet waarvan júlle nie eers weet nie.” Die dissipels sê toe onder mekaar: “Het iemand anders dalk vir Hom iets gebring om te eet?” Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.