JOHANNES 4:28-29
JOHANNES 4:28-29 Bybel vir almal (ABA)
Die vrou het haar waterkruik daar gelos en sy het teruggegaan na die stad. Sy het vir die mense gaan sê: “Julle moet kom kyk! Daar is 'n Man wat vir my alles vertel het wat ek gedoen het. Ek wonder of Hy die Christus is.”
JOHANNES 4:28-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê: Kom kyk 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?
JOHANNES 4:28-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk, hier is 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?”
JOHANNES 4:28-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vrou het toe haar waterkruik daar gelos, na die dorp gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk, hier is 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Hierdie man is tog nie die Christus nie, of hoe? ”
JOHANNES 4:28-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die vrou het toe haar waterpot verlaat en na die stad gegaan en vir die manne gesê: Kom kyk na 'n man wat my alles vertel het wat ek ooit gedoen het: is Hy nie die Christus nie?