JOHANNES 4:27-36
JOHANNES 4:27-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net toe het sy dissipels teruggekom en hulle was verbaas dat Hy met 'n vrou praat. Tog het niemand vir haar gevra: “Wat wil jy hê?” of vir Hom: “Waarom praat U met haar?” nie. Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk, hier is 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?” Die mense het toe uit die dorp uit na Jesus toe begin kom. Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: “Rabbi, eet tog 'n stukkie.” Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” Die dissipels sê toe vir mekaar: “Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?” Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi. Sê julle nie: ‘Nog vier maande, dan is die oes daar’ nie? Maar Ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes. Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe. So is die een wat saai, en die een wat oes, saam bly.
JOHANNES 4:27-36 Bybel vir almal (ABA)
Jesus se dissipels het teruggekom. Hulle het gesien Jesus praat met 'n vrou en hulle was verbaas. Maar nie een van hulle het vir Hom gevra wat Hy van haar wil hê of hoekom Hy met haar praat nie. Die vrou het haar waterkruik daar gelos en sy het teruggegaan na die stad. Sy het vir die mense gaan sê: “Julle moet kom kyk! Daar is 'n Man wat vir my alles vertel het wat ek gedoen het. Ek wonder of Hy die Christus is.” Die mense het uit die stad na Jesus toe gekom. Voordat die mense daar gekom het, het die dissipels vir Jesus gesê: “ Rabbi, U moet iets eet.” Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek het kos om te eet, maar julle weet nie wat dit is nie.” Toe vra die dissipels vir mekaar: “Het iemand miskien kos vir Hom gebring?” Jesus het vir hulle gesê: “My kos is om te doen wat God wil hê Ek moet doen. God het My na die wêreld gestuur. Ek moet alles klaar doen wat Hy gesê het. Wanneer julle na die koringlande kyk, dan sê julle: ‘Oor vier maande sal die koring ryp wees, dan kan ons die koring afsny.’ Maar Ek sê vir julle: Kyk na die mense wat daar aankom, hulle is soos koring wat klaar ryp is. Die man wat die koring afsny, kry nou al klaar sy beloning, want hy maak 'n oes bymekaar vir die ewige lewe. Dan sal die man wat saai en die man wat die koring afsny, saam bly wees.
JOHANNES 4:27-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met 'n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar? Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê: Kom kyk 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie? Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom. EN intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: Rabbi, eet. Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie. Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring? Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring. Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
JOHANNES 4:27-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net toe het sy dissipels teruggekom en hulle was verbaas dat Hy met 'n vrou praat. Tog het niemand vir haar gevra: “Wat wil jy hê?” of vir Hom: “Waarom praat U met haar?” nie. Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk, hier is 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?” Die mense het toe uit die dorp uit na Jesus toe begin kom. Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: “Rabbi, eet tog 'n stukkie.” Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” Die dissipels sê toe vir mekaar: “Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?” Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi. Sê julle nie: ‘Nog vier maande, dan is die oes daar’ nie? Maar Ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes. Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe. So is die een wat saai, en die een wat oes, saam bly.
JOHANNES 4:27-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Juis op daardie oomblik het sy dissipels teruggekom, en hulle was verbaas, omdat Hy besig was om met 'n vrou te praat. Tog het niemand gevra: “Wat wil U van haar hê?” of “Waarom praat U met haar?” nie. Die vrou het toe haar waterkruik daar gelos, na die dorp gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk, hier is 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Hierdie man is tog nie die Christus nie, of hoe? ” Hulle het uit die dorp gegaan en was op pad na Hom toe. Intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: “Rabbi, eet iets.” Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” Die dissipels vra toe onder mekaar: “Iemand het tog nie vir Hom iets te ete gebring nie?” En Jesus sê vir hulle: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi. Sê julle dan nie, ‘Dit is nog vier maande, dan kom die oes’ nie? Waarlik, Ek sê vir julle, kyk op en aanskou die lande; hulle staan reeds wit vir die oes. Hy wat oes, ontvang sy loon en samel die oes in vir die ewige lewe, sodat die een wat saai en die een wat oes, saam bly kan wees.
JOHANNES 4:27-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hierop het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met die vrou gepraat het; maar niemand het gesê: Wat soek jy? of: Waarom praat jy met haar? Die vrou het toe haar waterpot verlaat en na die stad gegaan en vir die manne gesê: Kom kyk na 'n man wat my alles vertel het wat ek ooit gedoen het: is Hy nie die Christus nie? Toe het hulle uit die stad gegaan en na hom gekom. Intussen het sy dissipels vir Hom gebid en gesê: Meester, eet! Maar Hy sê vir hulle: Ek het vleis om te eet waarvan julle nie weet nie. Daarom sê die dissipels vir mekaar: Het iemand vir hom behoort te eet? Jesus sê vir hulle: My spys is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi. Sê julle nie: Daar is nog vier maande, en dan kom die oes? kyk, Ek sê vir julle: Slaan julle oë op en kyk na die veld; want hulle is reeds wit om te oes. En hy wat maai, ontvang loon en samel vrugte in vir die ewige lewe, sodat hy wat saai en hy wat maai saam bly kan wees.
JOHANNES 4:27-36 Die Boodskap (DB)
Net toe kom sy dissipels daar aan. Hulle was nogal verbaas toe hulle Jesus met die vrou sien gesels, maar het nie ’n woord gesê nie. Nie een het eens vir haar gevra: “Wat soek jy?” of vir Hom: “Waarom praat U met haar?” nie. Die vrou is toe terug dorp toe, sonder haar waterkruik. “Kom gou!” het sy die mense geroep. “Ek het ’n vreemde man raakgeloop wat my hele lewensverhaal vir my vertel het. Kom kyk, is Hy nie dalk die Christus nie?” Die mense het nie op hulle laat wag nie, maar is inderhaas uit die dorp uit na Hom toe. By die put het die dissipels intussen vir Hom gesê: “Rabbi, U moet iets eet.” Sy antwoord was: “Ek het my eie kos waarvan julle nie eens weet nie.” Die dissipels bespiegel toe onder mekaar: “Het iemand anders dalk intussen vir Hom iets gebring om te eet?” Jesus help hulle toe reg: “Weet julle wat is vir My soos kos? Dít: om presies te doen wat God wat My gestuur het, wil hê Ek moet doen. Alles wat Hy wil hê Ek moet doen, wil Ek klaarmaak. Wanneer Ek dit doen, voel Ek ‘versadig’, net soos iemand wat lekker geëet het. “Julle sê mos partykeer: ‘Oor vier maande kan ons begin oes.’ Ek het vir julle nuus. Maak julle geestelike oë oop en kyk om julle. Kyk mooi na die ‘lande’. ‘Oestyd’ is hier. Kyk net hoe ryp staan die ‘oes’. Die oes word nou reeds volstoom ingesamel. Mense wat ‘oes’, kry al hulle ‘lone’. Dit gaan natuurlik nie om ’n gewone oes nie, maar om die ‘oes van mense’. Omdat hulle deel van die ‘oes’ is, sal hulle vir altyd saam met God leef.
JOHANNES 4:27-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op daardie oomblik het sy dissipels teruggekom. Hulle was verstom dat Jesus besig was om met ’n vrou te praat. Nietemin het niemand haar gevra: “Wat wil jy nou eintlik hê?” of vir Hom: “Waarom knoop U ’n gesprek met haar aan?” nie. Die vrou het haar waterkruik net daar gelos, na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk self – ’n man het my alles vertel wat ek al gedoen het. Is hy nie dalk die Messias nie?” Die inwoners het toe van die dorp af na Jesus toe begin stroom. Intussen het sy dissipels Hom gesmeek en gesê: “Rabbi, eet tog net iets.” Maar Hy het reageer: “Ék het kos om te eet waarvan júlle nie eers weet nie.” Die dissipels sê toe onder mekaar: “Het iemand anders dalk vir Hom iets gebring om te eet?” Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak. Sê julle dan nie: ‘Daar is nog vier maande voor die oes’ nie? Ek sê nou vir julle, kyk na die landerye; hulle vertoon reeds wit van die oes. Dié wat die oes insamel, ontvang vergoeding: Die vrug wat hulle insamel, is mense wat die ewige lewe beërf. Op só ’n manier is hulle wat saai en hulle wat die oes insamel, saam bly.