JOHANNES 3:30-31
JOHANNES 3:30-31 Die Boodskap (DB)
Hy moet al hoe meer in die kalklig staan terwyl ek stadigaan van die toneel moet verdwyn. So moet en sal dit wees!” “Jesus wat van bo af kom, staan kop en skouers bo almal uit. Iemand wat sommer as ’n mens hier op aarde gebore is, bly maar aards. Hy kan ook maar net oor aardse dinge praat. Sulke mense kan nie naastenby vergelyk word met die Een wat van bo uit die hemel kom nie. Hy is in ’n klas van sy eie.
JOHANNES 3:30-31 Bybel vir almal (ABA)
Daardie Man moet meer en meer belangrik word, maar ek moet minder belangrik word.” Jesus kom uit die hemel en daarom is Hy belangriker as al die mense. Iemand wat van die aarde kom, is van die aarde, en hy praat oor die dinge op die aarde. Iemand wat van die hemel kom, is belangriker as almal.
JOHANNES 3:30-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy moet meer word, maar ek minder. Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
JOHANNES 3:30-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy moet meer word en ek minder. “Hy wat van bo af kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, hoort by die aarde en praat die taal van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
JOHANNES 3:30-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy moet meer word, en ek minder. “Die Een wat van bo af kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.