JOHANNES 3:16-36

JOHANNES 3:16-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. HIERNA het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop. En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop. Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie. Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging. En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe. Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie. Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is. Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome. Hy moet meer word, maar ek minder. Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie. Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is. Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

JOHANNES 3:16-36 Bybel vir almal (ABA)

God is lief vir die mense, daarom het Hy sy Seun gegee. Daar is niemand soos die Seun nie. Elkeen wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie, maar sal die ewige lewe hê. God het sy Seun na die mense toe gestuur, maar nie om die mense te straf nie. Nee, God het Hom gestuur om hulle te red. Niemand anders is soos die Seun nie. As iemand in die Seun glo, dan straf God hom nie. Maar God straf nou elkeen wat nie in die Seun van God glo nie. So skei God die mense van mekaar. Die lig het na die wêreld gekom, maar die mense was lief vir die donker, nie vir die lig nie. Hoekom? Hulle was lief vir die donker omdat hulle slegte dinge doen. Iemand wat slegte dinge doen, hou nie van die lig nie. Hy kom nie na die lig toe nie, want hy wil nie hê die mense moet sien wat hy doen nie. Maar iemand wat lewe soos God wil hê, kom na die lig, want hy wil hê die mense moet sien dat hy gehoorsaam is aan God. Daarna het Jesus en sy dissipels na die provinsie Judea gegaan. Hy het 'n kort tydjie daar saam met sy dissipels gebly en Hy het mense gedoop. Johannes was ook besig om mense te doop by Enon naby die stad Salim, want daar was baie water. Die mense het daarnatoe gekom, en hy het hulle gedoop. Johannes was toe nog nie in die tronk nie. 'n Paar van Johannes se dissipels het met 'n Jood begin stry oor hoe 'n mens rein kan word. Hulle het na Johannes toe gegaan en hulle het vir hom gesê: “ Rabbi, daar was 'n Man by jou anderkant die Jordaan-rivier. Jy het vir die mense vertel van Hom. Daardie Man doop nou mense, en almal gaan na Hom toe.” Toe sê Johannes: “Dit is God wat so besluit het. Julle het gehoor ek het voorheen gesê ek is nie die Christus nie. God het my vóór die Christus gestuur. Onthou, die bruidegom is die een wat die bruid kry. Die bruidegom se vriend wat staan en wag, is baie bly wanneer hy hoor die bruidegom kom. Daarom is ek nou so bly. Daardie Man moet meer en meer belangrik word, maar ek moet minder belangrik word.” Jesus kom uit die hemel en daarom is Hy belangriker as al die mense. Iemand wat van die aarde kom, is van die aarde, en hy praat oor die dinge op die aarde. Iemand wat van die hemel kom, is belangriker as almal. Hy vertel van die dinge wat Hy gesien en gehoor het, maar niemand wil glo wat Hy vertel nie. Iemand wat glo wat Hy vertel, wys hy glo dat God regtig God is. God het die Seun gestuur. Die Seun sê vir die mense wat God vir Hom gesê het, want God gee sy hele Gees vir Hom. Die Vader is lief vir die Seun en Hy het alles vir die Seun gegee, sodat die Seun oor alles en almal kan regeer. Elkeen wat in die Seun glo, het die ewige lewe. Maar elkeen wat ongehoorsaam is aan die Seun, sal nie die lewe kry nie. God sal aanhou om hom te straf.

JOHANNES 3:16-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. HIERNA het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop. En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop. Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie. Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging. En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe. Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie. Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is. Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome. Hy moet meer word, maar ek minder. Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie. Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is. Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

JOHANNES 3:16-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.” Hierna het Jesus en sy dissipels na die platteland van Judea toe gegaan. Hulle het 'n rukkie daar gebly en mense gedoop. Johannes was ook besig om te doop, by Enon naby Salim, waar daar baie water was. Die mense het na hom toe gekom en is deur hom gedoop. Johannes was nog nie in die tronk gesit nie. Daar het toe tussen Johannes se volgelinge en 'n Jood 'n woordewisseling ontstaan oor die reiniging. Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy doop ook, en almal gaan na Hom toe.” Johannes het hulle geantwoord: “Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie. Julle is self my getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.’ Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul. Hy moet meer word en ek minder. “Hy wat van bo af kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, hoort by die aarde en praat die taal van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. Wat Hy gesien en gehoor het, dít getuig Hy, en tog aanvaar niemand sy getuienis nie. Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur bevestig dat God geloofwaardig is. God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”

JOHANNES 3:16-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie, maar wie nie glo nie, staan reeds veroordeel omdat hy nie in die Naam van die unieke Seun van God geglo het nie. En dit is die oordeel: Die lig het in die wêreld gekom, maar die mense het die duisternis liefgehad bo die lig, omdat hulle dade boos was. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel kan word nie. Maar wie volgens die waarheid leef, kom na die lig, sodat sy dade bekend kan word, dat hulle in God gedoen is. Hierna het Jesus en sy dissipels na die landstreek Judea gegaan en daar 'n rukkie saam met hulle vertoef, en mense laat doop. Johannes was ook besig om te doop, by Enon naby Salim, omdat daar baie water daar was, en mense gekom het om hulle te laat doop. Johannes was immers nog nie in die tronk gegooi nie. Daar het toe 'n woordestryd tussen sommige van Johannes se dissipels en 'n Jood oor die seremoniële reiniging ontstaan. Hulle kom toe na Johannes en sê vir hom: “Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, die Een van wie u getuig het – kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.” Johannes het geantwoord: “'n Mens kan niks ontvang as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie. Julle kan self getuig dat ek gesê het dat ek nie die Christus is nie, maar dat ek voor Hom uitgestuur is. Die een wat die bruid het, is die bruidegom, maar die vriend van die bruidegom wat daar staan en na hom luister, is baie bly oor die stem van die bruidegom. Daarom is hierdie blydskap van my volkome. Hy moet meer word, en ek minder. “Die Een wat van bo af kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. Wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy, maar niemand aanvaar sy getuienis nie. Wie sy getuienis aanvaar het, het plegtig bevestig dat God waaragtig is. Want Hy vir wie God gestuur het, spreek die woorde van God; God skenk immers die Gees nie in geringe mate nie. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe, maar wie aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie; inteendeel, die toorn van God bly op hom. ”

JOHANNES 3:16-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun nie na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie; maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is reeds veroordeel, omdat hy nie in die Naam van die eniggebore Seun van God geglo het nie. En dit is die oordeel, dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis meer liefgehad as die lig, want hulle werke was sleg. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy dade nie bestraf word nie. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. Na hierdie dinge het Jesus en sy dissipels na die land Judéa gekom; en hy het daar by hulle vertoef en gedoop. En Johannes was ook besig om te doop in Aenon naby Salim, omdat daar baie water was; en hulle het gekom en is gedoop. Want Johannes was nog nie in die tronk gegooi nie. Toe het daar 'n vraag ontstaan tussen sommige van Johannes se dissipels en die Jode oor reiniging. En hulle het by Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, hy wat saam met u anderkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, hy doop, en almal kom na hom. Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks ontvang as dit nie aan hom uit die hemel gegee word nie. Julle getuig self vir my dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie, maar dat ek voor Hom uitgestuur is. Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat staan en na hom luister, is baie bly oor die stem van die bruidegom; dan is hierdie blydskap van my vervul. Hy moet meer word, maar ek moet minder word. Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, is aards en spreek van die aarde; hy wat uit die hemel kom, is bo almal. En wat hy gesien en gehoor het, dit getuig hy; en niemand ontvang sy getuienis nie. Hy wat sy getuienis ontvang het, het sy seël gesit dat God waaragtig is. Want hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God, want God gee die Gees aan hom nie met mate nie. Die Vader het die Seun lief en het alles in Sy hand gegee. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; en wie die Seun nie glo nie, sal die lewe nie sien nie; maar die toorn van God bly op hom.

JOHANNES 3:16-36 Die Boodskap (DB)

“God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God kan leef.God het nie die Seun na hierdie wêreld toe gestuur om net vir almal te kom sê hoe sleg hulle is nie. Nee, Hy het Hom gestuur sodat mense wat sleg was weer by God kon uitkom. Dit is soos ’n hofsaak. Elkeen wat dus in geloof vir Hom ‘ja’ sê, is deur God vrygespreek. Aan die ander kant weerklink die oordeelswoorde nou reeds oor dié wat die Seun nie gelowig aanvaar nie: ‘Julle is skuldig, want julle draai julle rug vir die unieke Seun van God!’ “Hoe die dinge in die hofsaak werk, kan so verduidelik word: Jesus het as die Goddelike Lig in hierdie wêreld kom skyn. Die mense het egter meer daarvan gehou om in die donker te leef as in die lig. En daar was ’n goeie rede voor: hulle dade en optrede was net ’n onheilige en slegte gekonkel. Daarom doen hulle die dinge in die donker, want hulle is bang dat almal gaan sien hoe sleg hulle dade regtig is. Daarom hou mense wat sulke slegte dinge doen, niks van die lig nie en hardloop daarvoor weg. As dit wat iemand doen, egter goed en sinvol is soos God dit bedoel het om te wees, hardloop hy juis na die lig toe. Hy het mos niks om weg te steek nie. Almal sal duidelik kan sien uit die dinge wat hy doen, dat hy iemand is wat aan God se kant staan en aan wie se kant God ook is.” Jesus en sy volgelinge is daarna na die platteland van Judea toe en het daar so ’n rukkie uitgespan. Hulle het ook mense gedoop. Johannes was weer in Enon naby Salim besig om te doop, want daar was baie water. Mense het gedurig daar opgedaag om gedoop te word. (Dit was nog voordat Johannes in die tronk gegooi is.) Die volgelinge van Johannes en ’n Jood het juis aan die stry geraak oor hoe ’n mens jou vir God skoon en rein kan maak. Hulle is toe na Johannes self toe. “Meneer,” sê hulle, “jy onthou mos nog daardie Persoon wat daar oorkant die Jordaan by jou was. Ons praat van daardie Een oor wie jy met soveel oortuiging gepraat het. Wel, weet jy wat. Hy het ook nou begin doop, en die ergste is, al die mense stroom na Hom toe.” “Die mens kry nie bloot net iets nie,” begin Johannes toe. “Alles wat hy het, word deur God aan hom gegee. Julle weet mos ek het gesê ek is nie die Christus nie. Ek is maar net soos ’n boodskapper voor Hom uitgestuur. “Laat ek vir julle ’n voorbeeld gee: die bruid is net bedoel vir die bruidegom en oor húlle gaan die troue. Die vriend van die bruidegom, die strooijonker, help maar net. As hy die bruidegom self hoor praat, maak dit hom baie bly. So is dit tussen my en Jesus ook. Daarom ken my blydskap nou nie einde nie. Hy moet al hoe meer in die kalklig staan terwyl ek stadigaan van die toneel moet verdwyn. So moet en sal dit wees!” “Jesus wat van bo af kom, staan kop en skouers bo almal uit. Iemand wat sommer as ’n mens hier op aarde gebore is, bly maar aards. Hy kan ook maar net oor aardse dinge praat. Sulke mense kan nie naastenby vergelyk word met die Een wat van bo uit die hemel kom nie. Hy is in ’n klas van sy eie. Hy praat met sekerheid oor wat Hy in die hemel gesien en gehoor het. Tog steur niemand hulle aan dit wat Hy met soveel oortuiging sê nie. “Wie egter luister na wat Hy sê, bevestig daarmee dat God waar is en dat die waarheid van God af kom. God het Hom gestuur om sy boodskap vir ons te bring. Die Seun kan dit doen, want God het die Gees aan Hom gegee sonder voorwaarde of beperking. Die Vader het sy Seun lief en het alles aan Hom gegee. Daarom het die Seun beheer oor alles. “Iemand wat dus deur geloof ’n vriend van die Seun word, sal vir ewig en altyd sy vriend bly. “Maar iemand wat die Seun die rug toekeer en nie na Hom wil luister nie, sal nooit so ’n vriendskap ken nie. Hy sal wel iets anders leer ken: die woede en straf van God!”

JOHANNES 3:16-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word. “Die persoon wat aanhou glo in Hom, word nie veroordeel nie. Die een wat egter nie aanhou glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie tot geloof gekom het in die enigste Seun van God nie. Dít is die beslissende vonnis: die lig het na die mensewêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was boos. Elkeen wat doen wat sleg is, haat die lig en kom nie na die lig toe nie sodat sy dade nie bekend word nie. Elkeen wat egter die waarheid beoefen, kom na die lig toe sodat dit sigbaar word dat sy dade vanuit ’n noue verhouding met God gedoen is.” Hierna het Jesus en sy dissipels na die Judea-gebied vertrek. Hy het daar saam met die dissipels oorgebly en mense gedoop. Johannes was ook besig om by Enon, in die omgewing van Salim, te doop omdat daar genoeg water was. Die mense het daarheen gestroom en is gedoop. Op daardie tydstip was Johannes nog nie in die tronk gegooi nie. Daar het toe ’n meningsverskil oor reinigingsgebruike ontstaan tussen Johannes se dissipels en ’n Joodse man. Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, die man wat aan die oorkant van die Jordaanrivier saam met u was, oor wie u getuig het, Hy doop ook en almal stroom na Hom toe.” Johannes het daarop reageer: “’n Mens is nie in staat om iets te ontvang as dit nie vanuit die hemel aan hom gegee is nie. Julle self is my getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie die Messias nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.’ Dit is die bruidegom aan wie die bruid behoort; die vriend van die bruidegom gaan staan en luister of hy kom, en hy is sommer baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom loop ek nou oor van blydskap. Hy moet in belangrikheid toeneem en ek moet afneem. “Hy wat van bo kom, troon bo almal uit. Hy wat uit die aarde ontspring het, is deel van die aarde en praat as deel van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, troon bo almal uit. Wat Hy gesien en gehoor het, daaroor getuig Hy, maar niemand aanvaar sy getuienis nie. Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur verseël dat God regtig God is. Hóm het God gestuur om die woorde van God mee te deel, want God gee Hom sy Gees sonder om dit af te meet. Die Vader het die Seun lief en Hy het Hom gesag oor alles gegee. Wie aanhou glo in die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie ervaar nie, maar die oordeel van God rus op hom.”

JOHANNES 3:16-36

JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83JOHANNES 3:16-36 AFR83