JOHANNES 3:15-17
JOHANNES 3:15-17 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal elkeen wat in My glo, die ewige lewe hê.” God is lief vir die mense, daarom het Hy sy Seun gegee. Daar is niemand soos die Seun nie. Elkeen wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie, maar sal die ewige lewe hê. God het sy Seun na die mense toe gestuur, maar nie om die mense te straf nie. Nee, God het Hom gestuur om hulle te red.
JOHANNES 3:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
JOHANNES 3:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
JOHANNES 3:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe sal hê.” Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.
JOHANNES 3:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun nie na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie; maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
JOHANNES 3:15-17 Die Boodskap (DB)
sodat elkeen wat Hom gelowig aanvaar en vertrou, vir ewig en altyd kan leef. “God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God kan leef.God het nie die Seun na hierdie wêreld toe gestuur om net vir almal te kom sê hoe sleg hulle is nie. Nee, Hy het Hom gestuur sodat mense wat sleg was weer by God kon uitkom.
JOHANNES 3:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
sodat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe kan hê. “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.