JOHANNES 21:24-25
JOHANNES 21:24-25 Bybel vir almal (ABA)
Die dissipel vir wie Jesus lief was, is die dissipel wat alles vertel het wat in hierdie boek geskryf is, hy het dit alles geskryf. Ons weet dit is waar wat hy vertel het. Jesus het ook baie ander dinge gedoen, maar 'n mens lees nie daarvan in hierdie boek nie. As 'n mens oor dit alles ook wil skryf, dan dink ek daar sal nie genoeg plek in die wêreld wees vir al die boeke nie.
JOHANNES 21:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is daardie dissipel wat van hierdie dinge getuig en hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat sy getuienis waar is. En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.
JOHANNES 21:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die dissipel wat oor al hierdie dinge getuienis aflê en dit beskrywe het, en ons weet dat sy getuienis waar is. Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.
JOHANNES 21:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is daardie dissipel wat van hierdie dinge getuig en hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat sy getuienis geloofwaardig is. Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. As dit een vir een neergeskryf sou word, sou die wêreld self, dink ek, die •boekrolle wat geskryf sou word, nie kon bevat nie.
JOHANNES 21:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die dissipel wat van hierdie dinge getuig en dit geskryf het; en ons weet dat sy getuienis waar is. En daar is ook baie ander dinge wat Jesus gedoen het, wat, as dit elkeen opgeskryf sou word, ek dink dat selfs die wêreld self nie die boeke kon bevat wat geskrywe moes word nie. Amen.
JOHANNES 21:24-25 Die Boodskap (DB)
Hierdie volgeling is juis die een wat alles so deeglik neergeskryf het en met soveel oortuiging daaroor praat. Ons almal weet dat wat hy vir ons vertel die waarheid is. Jesus het ook nog baie ander dinge gedoen. As dit alles neergeskryf sou moes word, twyfel ek of daar genoeg plek in hierdie wêreld sou wees om al daardie boeke te bêre.
JOHANNES 21:24-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie dissipel is die een wat oor al hierdie dinge getuig en dit neergeskryf het, en ons is oortuig dat sy getuienis betroubaar is. Daar bestaan nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. As hulle egter een vir een opgeskryf moes word, dink ek sou die wêreld nie plek hê vir al die boeke wat geskryf word nie.