JOHANNES 19:30
JOHANNES 19:30 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het die wyn gedrink en gesê: “Nou het Ek my werk klaar gedoen!” Hy het sy kop vorentoe gebuig en Hy het gesterf.
JOHANNES 19:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
JOHANNES 19:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.
JOHANNES 19:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus die suur wyn geneem het, sê Hy: “Dit is volbring!” En Hy het sy kop vooroor gebuig en sy gees oorgegee.
JOHANNES 19:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Jesus dan die asyn ontvang het, sê Hy: Dit is volbring
JOHANNES 19:30 Die Boodskap (DB)
Jesus het sy lippe en mond daarmee natgemaak. Hy sê toe: “Nou het Ek alles gedoen wat Ek moes doen.” Sy kop het vooroor geval en Hy het sy laaste asem uitgeblaas.