JOHANNES 19:29-30
JOHANNES 19:29-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.
JOHANNES 19:29-30 Bybel vir almal (ABA)
Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het 'n spons vol suur wyn gemaak en hulle het dit op 'n hisop-tak gesit. Hulle het dit teen Jesus se mond gedruk. Jesus het die wyn gedrink en gesê: “Nou het Ek my werk klaar gedoen!” Hy het sy kop vorentoe gebuig en Hy het gesterf.
JOHANNES 19:29-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar het 'n kan vol asyn gestaan; en hulle het 'n spons met asyn gevul en op 'n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring. En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
JOHANNES 19:29-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar het 'n kruik vol suur wyn gestaan. Hulle sit toe 'n spons vol suur wyn op 'n marjoleintak en bring dit na sy mond. Toe Jesus die suur wyn geneem het, sê Hy: “Dit is volbring!” En Hy het sy kop vooroor gebuig en sy gees oorgegee.
JOHANNES 19:29-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar het 'n houer vol asyn gestaan, en hulle het 'n spons met asyn gevul en dit op hisop gesit en dit aan sy mond gesit. Toe Jesus dan die asyn ontvang het, sê Hy: Dit is volbring
JOHANNES 19:29-30 Die Boodskap (DB)
Naby die kruis het iemand se bottel suur wyn gelê. Die mense vat toe die wyn en gooi daarvan oor ’n spons. Met ’n takkie wat hulle van ’n hisopplant afgebreek het, lig hulle die spons toe tot by Jesus se mond. Jesus het sy lippe en mond daarmee natgemaak. Hy sê toe: “Nou het Ek alles gedoen wat Ek moes doen.” Sy kop het vooroor geval en Hy het sy laaste asem uitgeblaas.
JOHANNES 19:29-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Kruik vol suur wyn het daar gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptak gesit en dit teen sy mond gehou. Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas.