JOHANNES 18:38-40
JOHANNES 18:38-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Pilatus sê toe vir Hom: “Wat is waarheid?” Nadat hy dit gesê het, het hy weer na die Jode uitgegaan en vir hulle gesê: “Ek vind geen skuld in hom nie.” “Maar daar is 'n gebruik vir julle dat ek vir julle een persoon vrylaat gedurende die Pasga. Wil julle hê dat ek vir julle die koning van die Jode vrylaat?” Hulle het toe weer geskreeu: “Beslis nie vir hom nie, maar vir Barabbas!” Barabbas was 'n misdadiger.
JOHANNES 18:38-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Pilatus sê toe vir Jesus: “Wat is waarheid?” Terwyl hy dit sê, gaan Pilatus weer buitentoe na die Jode en kondig aan: “Ek vind geen skuld in hom nie. Dit is egter die gebruik by julle dat ek iemand vir julle loslaat op die Paasfees. Wil julle dus hê dat ek vir julle die Koning van die Jode loslaat?” Hulle skree toe terug: “Nee, beslis nie daardie man nie, eerder vir Barabbas!” Barabbas was ’n misdadiger.
JOHANNES 18:38-40 Bybel vir almal (ABA)
Pilatus vra toe vir Jesus: “Wat is die waarheid? Ek dink niemand weet nie.” Toe Pilatus klaar met Jesus gepraat het, het Hy weer uitgegaan na die Jode toe. Hy het vir hulle gesê: “Jesus het niks verkeerd gedoen nie. Julle weet ek laat altyd vir julle iemand uit die tronk kom wanneer dit Paasfees is. Wil julle hê ek moet vir Jesus, die koning van die Jode, laat uitkom?” Hulle het hard geskree: “Nee, jy moenie vir Jesus laat uitkom nie! Jy moet vir Barabbas laat uitkom!” Barabbas was 'n man wat teen die Romeinse regering geveg het.
JOHANNES 18:38-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie. Maar julle het 'n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat? Toe skreeu hulle almal weer en sê: Nie vir Hom nie, maar Barábbas! En Barábbas was 'n rower.
JOHANNES 18:38-40 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wat is waarheid?” sê Pilatus toe vir Hom. En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in hom nie. Maar julle is gewoond dat ek vir julle gedurende die paasfees iemand loslaat. Wil julle hê ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?” Hulle skreeu toe terug: “Nie vir hom nie, maar vir Barabbas!” En Barabbas was 'n rower.
JOHANNES 18:38-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En nadat Hy dit gesê het, gaan Hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in hom nie. Maar julle het die gewoonte dat Ek vir julle een moet loslaat op die pasga; wil julle dan dat Ek vir julle die Koning van die Jode loslaat? Toe het hulle almal weer uitgeroep en gesê: Nie hierdie man nie, maar Barabbas. Nou Barrabbas was 'n rower.
JOHANNES 18:38-40 Die Boodskap (DB)
“Waarvan praat jy? Wat is die waarheid?” vra Pilatus Hom. Na die gesprek is Pilatus toe weer buitetoe. Daar sê hy vir die Jode: “Dit lyk nie vir my of hierdie man iets verkeerds gedoen het nie. Ek wil ’n voorstel maak. Ek laat mos altyd met paasfees vir julle ’n gevangene vry. Wat daarvan as ek vir julle hierdie koning van die Jode laat gaan?” “Nooit!” skree hulle. “Ons soek Barabbas. Laat hom vir ons los!” (Barabbas was ’n Joodse terroris.)