JOHANNES 18:3-5
JOHANNES 18:3-5 Die Boodskap (DB)
Judas is toe saam met ’n hele klomp gewapende mans na die tuin toe. Behalwe die soldate was daar ook ’n spul polisiemanne wat vir die hoofpriesters en Fariseërs gewerk het. Hulle was goed bewapen. Met fakkels, lanterns en ’n spul wapens het hulle Jesus gaan soek. Jesus was nie verbaas nie. Hy het geweet wat op Hom wag. Toe die klomp soldate by die tuin aankom, stap Jesus na hulle toe. “Vir wie soek julle?” vra Hy. “Jesus wat van Nasaret af kom,” sê hulle.
JOHANNES 18:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Judas het op daardie oomblik die afdeling soldate en die wagte van die priesterhoofde en Fariseërs begelei en by die Olyftuin aangekom met lanterns, fakkels en wapens. Jesus was egter deeglik bewus van alles wat oor Hom sou kom en het op sy eie uit die groep na vore beweeg en vir hulle gesê: “Wie soek julle eintlik?” Hulle het Hom geantwoord: “Jesus van Nasaret.” “Dit is Ek,” antwoord Jesus. Judas, die een wat Hom sou uitlewer, het ook daar tussen hulle rondgestaan.
JOHANNES 18:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Judas het toe daar aangekom met die kohort soldate, en die tempelwagte van die leierpriesters en die •Fariseërs, met fakkels en lampe en wapens. Jesus het geweet van al die dinge wat met Hom sou gebeur, en het uitgegaan en vir hulle gevra: “Wie soek julle?” Hulle antwoord Hom: “Jesus, die Nasarener.” Hy sê toe vir hulle: “Ek Is Hy.” Judas, sy verraaier, het ook daar by hulle gestaan.
JOHANNES 18:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Daarom het Judas soldate gaan roep en ook party van die priesterleiers en die Fariseërs se wagte. Hulle het lampe, fakkels en wapens saamgeneem en hulle het by die tuin gekom. Jesus het voor daardie tyd geweet wat alles met Hom sal gebeur. Daarom het Hy na Judas en die soldate toe geloop en Hy het vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?” Hulle het vir Hom gesê: “Ons soek vir Jesus van Nasaret.” Jesus het gesê: “Dit is Ek.” Judas het ook daar by hulle gestaan. Dit was hy wat vir Jesus verraai het.
JOHANNES 18:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Judas het die afdeling soldate en die dienaars van die owerpriesters en die Fariseërs geneem en daar gekom met fakkels en lampe en wapens. En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, het Hy uit die tuin gegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle? Hulle antwoord Hom: Jesus, die Nasaréner. Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, sy verraaier, het by hulle gestaan.
JOHANNES 18:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Judas het toe die afdeling soldate gevat en die wagte in diens van die priesterhoofde en die Fariseërs en hulle het daar aangekom met lanterns en fakkels en wapens. Omdat Jesus geweet het van alles wat oor Hom gaan kom, het Hy vorentoe gekom en vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?” “Jesus van Nasaret,” antwoord hulle Hom. “Dit is Ek!” sê Hy toe vir hulle. Judas, sy verraaier, het ook daar by hulle gestaan.
JOHANNES 18:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Judas het toe daar aangekom met die kohort soldate, en die tempelwagte van die leierpriesters en die •Fariseërs, met fakkels en lampe en wapens. Jesus het geweet van al die dinge wat met Hom sou gebeur, en het uitgegaan en vir hulle gevra: “Wie soek julle?” Hulle antwoord Hom: “Jesus, die Nasarener.” Hy sê toe vir hulle: “Ek Is Hy.” Judas, sy verraaier, het ook daar by hulle gestaan.
JOHANNES 18:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Judas 'n bende manne en offisiere van die owerpriesters en Fariseërs ontvang het, het hy daarheen gekom met lanterns en fakkels en wapens. Jesus het dan, omdat Hy alles geweet het wat oor hom sou kom, uitgegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle? Hulle antwoord hom: Jesus van Nasaret. Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En Judas, wat Hom verraai het, het ook by hulle gestaan.