JOHANNES 17:8
JOHANNES 17:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
JOHANNES 17:8 Bybel vir almal (ABA)
Wat U vir My gesê het, het Ek vir hulle gesê. Hulle het dit gehoor en hulle het geweet dit is waar dat Ek van U kom. Ja, hulle het geglo dat U My na die wêreld gestuur het.
JOHANNES 17:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee. Hulle het dit aangeneem en tot die oortuiging gekom dat Ek waarlik van U gekom het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
JOHANNES 17:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee, en hulle het dit aanvaar en werklik besef dat Ek van U af gekom het. En hulle het geglo dat U My gestuur het.
JOHANNES 17:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Ek het aan hulle die woorde gegee wat U My gegee het; en hulle het hulle aangeneem en sekerlik geweet dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.