JOHANNES 17:20-21
JOHANNES 17:20-21 Bybel vir almal (ABA)
“Ek bid nie net vir hierdie mense nie. Ek bid ook vir die ander mense wat in My sal glo omdat hierdie mense vir hulle sal vertel van My. Vader, Ek bid dat hulle almal sal saamwerk. Dan sal hulle by Ons wees soos U by My is en soos Ek by U is. Dan sal die mense van die wêreld glo dat U My na die wêreld gestuur het.
JOHANNES 17:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
JOHANNES 17:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
JOHANNES 17:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde in My glo, dat hulle almal een kan wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, en dat hulle ook in Ons kan wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
JOHANNES 17:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek bid ook nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo; Sodat hulle almal een mag wees; soos U, Vader, in My is en Ek in U, sodat hulle ook in ons een kan wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
JOHANNES 17:20-21 Die Boodskap (DB)
“Ek bid nie net vir hierdie volgelinge van My nie. Ek stuur hulle mos om met mense oor My te gaan praat. Van daardie mense sal my volgelinge se boodskap aanvaar en hulle aan my kant kom skaar. Vir hulle bid Ek ook! Vader, gee dat hulle in lojaliteit teenoor mekaar soos een man sal saamstaan. Vader, U weet hoe heg en intiem ons verhouding met Mekaar is. Ons belange, denke en dade is totaal een. Gee asseblief dat hulle verhouding onder mekaar en veral met Ons net so heg en intiem sal wees. As die mense in hierdie wêreld sien hoe die gelowiges saamstaan en saamwerk, sal hulle oë daarvoor begin oopgaan dat U My na hulle toe gestuur het.
JOHANNES 17:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat op grond van hulle boodskap nog in My sal glo. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in ’n hegte verhouding met My en Ek met U is; dat hulle ook in ’n hegte verhouding met Ons mag leef sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.